Afrikaans as onderrigtaal

  • 3

Ek luister nou die dag na ’n debat (Potchkampus) waar ’n DA-, Vryheidsfront-, EFF- en ANC-student by betrokke was. Op ’n stadium sê die EFF en ANC dat hulle niks teen Afrikaans het nie, maar dat Afrikaans ‘must fall’ omdat dié taal dan sou neig om ander studente uit te sluit. Hulle wil hê die onderrigmedium moet Engels wees.

Hulle voer aan dat dit Engels moet wees want van laerskool af is die onderrigtaal vir hulle Engels. Nie een van die twee se huistaal is Engels nie so mens wonder hoekom sluit Engels dan nie studente uit nie. Die antwoord is natuurlik omdat hulle Engels verkies.

So, die wat in Afrikaans onderrig wil word moet daarvan afsien omdat swart studente Engels verkies. Is dit nie bietjie eensydig nie?

Jan Rap

 

  • 3

Kommentaar

  • Avatar
    Hans Richardt

    Jan Rap, dis blatant. Omdat swartes bereid is om hul taal en kultuur weg te smyt, verplig nou Afrikaanse studente om dieselfde met geforseerde etniese almalgamasie te moet doen? Geen vryheid van keuse en assosiasie nie meer in SA as hierdie deur universiteite as beleid aanvaar word nie.

  • Ja Hans, presies; ons het Engels omhels en ons eie tale verwaarloos en wie's julle nou om julle taal te wil handhaaf?

  • Avatar
    Hans Richardt

    Ek het houding van bittereinder oor taal, kultuur en gemeenskapontwikkeling van eie instellings vir selfbeskikking.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top