Afrikaans?

  • 4

Ek dink Jan Rap gaan vir my vies wees. Ek is 'n aanhanger van hom.

Ek het iets bespeur die laaste tyd: Met Boer Soek ’n Vrou voel dit vir my of Afrikaners (jongeres) nou in totaliteit ’n spraakgebrek het. Hulle is almal skaam om Afrikaans te wees – gooi ontsettend baie Engelse sinsnedes tussen hulle gepratery, en die Engels klink ook nie reg nie. Dit is baie baie tragies. Ek dink ons klink so bietjie agterlik.

Ons loop nou die dag in die gange van ’n universiteit en ek hoor ’n swart meisie perfek Engels praat agter ons en ek dink, SY praat sowaar ’n wonderlike Engels al is dit met ’n diepe swart aksent. Ek draai om en waaragtig dis ’n Afrikaanse blonde kind wat so praat. Sy kom uit ’n privaatskool (het haar bietjie uitgevra – nou nie gemaak asof haar aksent my interesseer nie). Ek dink net, as ek eendag kleinkinders het, sal ek bly wees as hulle van graad 1 af na ’n private ENGELSE skool gaan waar daar nog van die ou “Lion’s Club” tipe mense onderwysers is, sodat hulle daai taal heeltemal magtig sal wees en maklik deur die universiteit sal kom.

Ek moet wonder HOEKOM Ds S J du Toit-hulle ’n nuwe taal wou begin as daar ’n ou goed-ontwikkelde taal vir hulle was. Hulle kon Frans of Nederlands of wat ook al besig. Ek verstaan nie waarom ’n nuwe taal geskep moes word nie.

Die ding KOS hulle nasate.

Die wêreld is in ’n gruwelike gemors.

Ons is gevoeter toe ons nie op aandag staan vir die vlag of die Stem nie. Dit is as ’n godsdiens by ons ingedring deur omies met wit hemde en swart pakke.

Jy’s ’n kind en jy glo hierdie simbole is uiters goed vir jou. Jy voel geborge want jou ouers sê dit vir jou.
Dan kom 1994 en ons moet nou weer op aandag staan en dit vir ’n nuwe vlag en lied. DIT sal ’n dag wees.

Met simbole is ek KLAAR. Ek glo NIKS meer nie (net die Bybel en wat daarin staan – nie kerk of organisasie nie).
Die lewe is te kort om jouself so heelhuids aan ’n simbool te loop verkoop.

My suster moes in NZ aan die Koningin van Engeland gaan trou sweer, dus is dit nou haar derde keer van trou sweer. My HEL dit kan tog nie wees nie?

NOOIT weer nie. Ek lees nou verskriklike getuienis oor 911 en Sandy Hook (deur sowaar wetenskaplikes) en nooit weer glo ek ’n ding op die nuus of deur ’n politikus nie.

KLAAR daarmee. Kyk julle almal mooi na julself want niemand gaan dit vir julle doen nie. Kyk na julle mans, vroue, kinders, oumas en oupas. Hou mekaar bymekaar en gee genade aan die vreemdeling. Verder as dit voel my brein ingedoen.

SOO jammer.

  • 4

Kommentaar

  • Retha, SJ du Toit-hulle het nie 'n nuwe taal begin nie, hulle het net 'n nuwe spriet raakgesien en versorg. Engels, Frans en Nederlands was ook in die verlede spriete (om die waarheid te sê, Engels is nou nog taamlik jonk).
    Die feit dat almal so goed wil Engels praat dui op 'n (ingeplante?) opvatting dat Engels heel bo op die 'voedselketting' is wat tale betref. Nou is dit so dat taal abstrak is, die taal het homself nie verhef tot daardie posisie in die voedselketting maar sy sprekers het en nou doen die sprekers van ander tale mee aan die handhawing van Engels in hierdie posisie.
    Onder die Nederlanders is daar selfs 'n program/webwerf/ wat ook al (van regeringskant af?) met die naam 'Beter Engels' waar oefeningtjies in Engels gegee word sodat Nederlanders goed Engels kan praat (daar is nie 'n 'Beter Duits'- of 'Beter Frans'-program nie). Kan jy jou indink dat daar ooit 'n programmetjie in Engeland sal ontstaan met die naam 'Better Dutch'?
    Hierdie verskynsel is moeilik om te verklaar. Al waaraan ek kan dink is dat dit uit 'n (selfopgelegde?) gevoel van minderwaardigheid spruit. Ek vra 'selfopgelegde' want soos Eleanor Roosevelt sê, daar is net een persoon wat jou minderwaardig kan laat voel en dis jyself. Breyten Breytenbach noem hierdie storie 'opgradering na Engels toe'.
    En dit is soos jy sê, daar is omtrent nie meer 'n Afrikaanssprekende wat nie sy taal met Engelse woorde meng en selfs Engelse sinsnedes kort-kort ingooi nie, veral in die Kaap. Wat 'n verleentheid om jou gewaande minderwaardigheid so ten toon te stel. Een troos, as Afrikaans verdwyn (soos reeds besig is om te gebeur) is dit ons eie skuld; niemand het 'n pistool teen ons kop gehou nie. Dit sal ons verdiende loon wees.
    Die Afrikaner gaan 'n nasie van tweedehandse Engelse word (hoe anders met vanne soos Bezuidenhoudt, Myburgh, Viljoen, Cronjé, De Wet, Du Preez ens ens). Sal seker ook nie soveel saak maak nie want dit is juis 'n gebrek aan trots wat hierdie tendens voed, lyk my ons, oor die algemeen, het 'n jammer-vegewemy-askies-geen in plaas van die fok-jou-geen wat algemeen onder die Engelse voorkom.
    Tragies.
    Jan Rap

    • Ai Jan, ek wil bo aan die voedselketting wees, ongeag taal. Ek het nie 'n minderwaardigheidsgevoel nie - het Engels grootgeword maar dis ook nie daarom nie. Iets het net geknak toe ek agterkom dat in die vorige bedeling gevoeter is omdat ons nie op aandag gestaan het vir 'n vlaghysing of 'n STEM-gesingery nie. Dis so by ons ingedring en het ons selfs as kinders geborge laat voel. TOE kom 1994 en ons moet nou dieselfde ding doen voor 'n nuwe vlag en lied, my suster is voort NZ toe en daar gaan sweer sy waaragtig 'n derde keer trou aan die blooming koningin van Engeland - EN sy staan op aandag, en sy moet 'n eed afneem. Wat gaan hier aan? Watse nonsense is dit en hoekom gehoorsaam ons hierdie goeters? Daarom, voel ek om nou nog vir 'n taal te veg is te veel vir my kwesbare psige. Ek ken nie meer die mense saam met wie hierdie geveg gewoed moet word nie. Tot op die TV sien mens hoe almal hakkel en hoes om 'n woord uit te kry in Afrikaans. ALLES klink verkeerd. Ek glo wel 'n jong brein kan doen met meertaligheid (vir die brein se onthalwe), maar wat dan? Ek is sooo jammer Jan Rap.

  • Rietha
    Ek is ook van diegene wat gryns oor die vermenging van Afrikaans, veral met Engels. Feitlik moet aanvaar word dat die ewolusie van Afrikaans en ander tale deur die huidige en toekomstige jeug bepaal word. Selfs onder die ou bedeling toe suiwerheid van taal die in ding was, het baie Afrikaanse woorde heeltemal in onbruik geword oa, katel met bed as voorbeeld.
    Indien 'n Engelsman die aanhoorder van die vermengde Afrikaans aanhoor, sal hy steeds nie verstaan wat die Afrikaner sê nie, selfs die Engels, weens aksentverskil, wat sodanige Afrikaner sê nie.
    Vandag se Engelsman sal glad nie die Engels van Chaucer, en skaars die van Shakespeare verstaan nie, wat sedert hulle tydperk met veral Frans en Latyns verstrengel geraak het. Die Fransman verstaan hoegenaamd vandag se Engels nie, selfs met die Franse woorde daarin verstrengel.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top