"Afrikaan Funk" deur Ronel van Lingen

  • 0

Afrikaan Funk

Ek het ? droom
Sonder bekommernis of skroom
En ek wag vir die oomblik
om los te breek en rond te dans
Fronse word verbied
Dame, hou jou geld, dis verniet
om jouself te geniet
en los te breek en rond te dans

In Afrikaans
Dit is ons pleit om vry te breek
en rond te dans

REFREIN:
In Afrikaans
Daar is ? ding wat kop uitsteek
So maak ? kring, laat ons sing
Laat ons lag, laat ons spring
Dis heerlik om Afrikaans te wees

Ek het ? droom
Sonder bekommernis of skroom
En ek wag vir die oomblik
om los te breek en rond te dans
Jy kyk verniet
want alle geweld word verbied
Hou maar jou geld, dis verniet om
los te breek en rond te dans

In Afrikaans
Ons wil onsself prontuit geniet
en lekker dans

REFREIN:
In Afrikaans
Daar is ? ding wat kop uitsteek
Klap saam ? kring, laat ons sing
Laat ons lag, laat ons spring
Vir ewig trotse Afrikaner gees

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top