"Afrika Man" deur Stephen Hamilton

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Iets het gebeur op die trein na Pretoria
'n Man het daar al sy pennies verloor
Laurika kla oor die droogte en diesel
En stuur ook haar groete aan Mannetjies Roux

'n Digter vertel van die narre se trane
Agter ’n masker van lag en van pyn
Ralph het bly gee aan Hillbrow se strate
Sy sente, sy drome en toekoms verdwyn

Brug:
Hier is my vrou, my kind en my hond
Ek is van Afrika
En dit is my grond.

Refrein:
Staan op; salueer vir die Afrika Man
My baard kort 'n skeer en my hare 'n kam
Ek werk vir my lewe, en ek deel wat ek kan
Trots kan ek staan
Afrika Man

Daar was 'n vrou wat kon stoom op 'n tafel
'n Vrou wat die maan swart gekleur het
n Engel vertel my dat ek is plesierig
Min sê dankie vir als wat ek het

Daar was 'n man wat oor bulle gesing het
'n Man in rooi vellies by die Royal hotel
'n Storie van mense op Skipskop se strande
Met pragtige woorde aan my vertel

Brug:
Hier is my vrou, my kind en my hond
Ek is van Afrika
En dit is my grond

’n Pampoen op die dak; 'n vlooi in die bed
'n Kind op 'n fiets wat geen slot het nie
Daar’s beautiful mense op Beaufort-Wes
Neem my op vlerke en ons sluit uit die res

Refrein:
Staan op salueer vir die Afrika Man
Poenskop geskeer en my snor staan pikant
Ek werk vir my lewe, en ek deel wat ek kan
Trots kan ek staan
Afrika Man

Tretchikoff, Pierneef, Claerhout en Barnard
Die Opperman manne en Dalene Matthee
Met prente en woorde en wysies en verse
So word my Afrika vir my weergegee

Refrein:
Buk af tel my op; ek's die Afrika Kind
Ek pas in my vel, en my hart is kleurblind
Ek bly hier op liefde en genade van Bo
Dit is my aarde waarin ek glo...

Brug:
Hier is my vrou, my kind en my hond
Ek is van Afrika
En dit is my grond.

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top