Ouer vroue met hul deel van die 'burn' by die jaarlikse 'Africa Burn' 2012 naby Calvinia in die Ceres-Karoo. Die mense loop nie met 'n 'zol' in hand rond nie, tewens dis verbode. Hul is uit al die dele van samelewing en hul het 'n gemeenskaplike oogmerk, nie-polities van aard vir die duur van die byeenkoms. Ek dink baie skrywers op LitNet leef in hul eie 'roomkoek' van belangrikheid.

Witmense plaas dalk te veel konnotasies aan kaal buuste in die openbaar? Alles wat sedelik 'behoudend' is, is dikwels handrem/verkramp op kreatiwiteit. Ek dink dis wat die Karoo-mense skeppend maak. Jan Rap en Dolf moet dit dalk bywoon.

Die groep voor hul tent by 2012 Africa Burn. As hul Afrikaans praat, met hul 'volksvreemde gedrag' in Ceres-Karoo, is hul nie hippie-Afrikaners nie? Baie het sakke vol grade, ander net 'n werk. Ek is al amper in Pieter Redelinghuys se ouderdom, maar dink ver buite jul kiste oor 'afrikaner'. Ek is die ondenkbare 'hippie afrikaner' wat nog leef in SA, vrydenkend sonder zol of bier in hand.
Hans Richardt

