Adriaan oor hoflikheid

  • 3

Adriaan is reg; takt en goeie maniere is aan’t verdwyn. Die vergryp in hierdie verband wat my die meeste pla is die snouerige "ek is nie met jou tannie getroud nie" as iemand ’n lid van, sê maar die vorige generasie, ’oom’ noem. Hierdie aanspreekvorm is lank gevestig, veral onder die Afrikaner en die Moslemgemeenskap, en is vanweë goeie maniere en respek. Om iemand so af te jak wat jou bloot aanspreek is taktloos, gemeen en baie slegte maniere.

Nog ’n ongepoetste ding is ’n fooitjie van minder as 15%, al voel jy die kelner of kelnerin kon beter presteer het. Hy of sy is dalk nuut, of al oorwerk (behalwe nou natuurlik as die kelner self ongepoets is, byvoorbeeld wegloop terwyl jy nog besig is om te bestel).

’n Ander onhoflike ding is die gebrek aan burgersin wat deesdae al hoe meer kop uitsteek soos papiere uit ’n kar gooi, of twee parkeerplekke opneem deur skuins te parkeer, of in ’n in-of uitgang te staan en gesels, of parkeer in die straat, stadig op ’n oprit ry, aankarring in die regterbaan, die soort van ding.

Jan Rap

 

 

  • 3

Kommentaar

  • ek verskil: ek maak juis allerande gemors bymekaar en ek spaar dit vir die tye wat ek in die sg nie-blanke woonbuurt moet beweeg: ek geniet elke papier en stukkie plestiek wat ek so een vir een uit die venster gooi. dis hulle land. ek wil sien of hulle dit kan skoonmaak.
    en nee, ek voel hoegenaamd nie skuldig omdat ek hulle land so bemors nie.

  • oester, jy's 'n rakker.  Ek't my gat afgelag.  Ek moet sê, met hierdie kort opmerkinkie van jou het jy 'n berg van my skouers afgehaal.  Pretoria, Pietersburg en Nelspruit word nie bemors nie maar wel Tshwane, Polokwane en Mbombela (en dit is dus gepas dat die name verander is).  Ek sal nou beter slaap. Groetnis.

  • ekke doen my deel soos my burgerlike plig beduie. ek is deel van so 'n groot minderheid dat my bydrae of nie-bydrae basies 'n ronde nul is. dus: hulle het my nie nodig nie en hulle het dit in soveel woorde gese. ek wil niks met hul bose, kinder-en vrouemoordenaar bomplanter sisteem te doene he nie. hulle is soos enige ander gebruiksartikel vir my. 'n middel tot 'n baie persoonlike einddoel.

    vanmiddag weer 'n hele spul goed in hul buurt loop afgooi en ek is bereid om baie geld te waag dat die papiere en afval uiteindelik vir hul volle halfleeftyd daar sal bly le.

    Soos die Ingelse altyd beduie: Not my problem.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top