Adam Small,
’n Groot gees het geval.
’n Digter en skrywer,
In Kaapse taal,
’n Gedig of kortverhaal.
Die doderyk ingevaar,
Maar sy nalatenskap,
In moederstaal,
Is ons vir ewig mee,
Opgesaal.
Rus in vrede,
Jou mooi verlede,
Met oortuigende rede,
Bly ons by hier in die hede.

