Accept my friend request
Ek volg jou op Twitter, maar jy volg nie vir my
Ek retweet jou tweets maar jy kyk myne verby
Ek weet jy ken my nog nie, maar ek weet alles van jou
Ek like jou profile foto, ek like waarvan jy hou
REFREIN:
Ek wil weet wie jy regtig is
al die goed wat Facebook mis
Accept my friend request
Ek wag daar in jou inbox, my liggie is altyd groen
Ek broadcast my bbm pin, wat meer kan ek doen?
Jou naam is langs my hashtag, ek hoop jy sien dit raak
Ek like jou status updates, ek wil net met jou praat
REFREIN
Ek dog my poke sal jou aandag trek
maar nou is jou privacy versterk
Moet my nog nie blok nie, of dalk selfs report nie
Ek wil weet wie jy regtig is
al die goed wat Ffacebook mis
Ek hou van jou okay
deel meer as net jou profile met my
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.



Kommentaar
Dis sooo oulik!! Goeie werk!