ABO en die taalkwessie asook die kerk en gay-gesprek

  • 4

Bettina Wyngaard: nee, dit is nie oor die ABO nie, maar dit gaan oor die fundamentele reg tot moedertaalonderrig.

Blade Nzimande beweer Afrikaans word deur "verregse wittes" gekaap vir eie doeleindes. Ons wit Afrikaners mag skynbaar nie verset teen geforseerde etniese almalgamasiebeleid, wat koloniale taal Engels met hofuitsprake afforseer nie, deur met eie kapitaal selfbestuur te doen nie?  
 
Beide kan ook seker vrae vra oor my oproep tot verset teen hofuitspraak oor kerk en gay-kwessie, deur tiendes of offergawes te weerhou van kerk.
 
Skynbaar is dit uitsluitlike reg wat ANC alliansie hulself toe-eien, om met wanbetaling hulself te verset. 
 
Ek wonder darem of politieke korrektheid hofuitspraak die inhoud van geloof en Bybel sommer meer mag verander en watter impak dit op grondwetlike waarborg vir vryheid van godsdiens het, as staat dmv regspraak begin voorskryf. 
 
Hans Richardt 
  • 4

Kommentaar

  • Barend van der Merwe
    Barend van der Merwe

    Ek dink nie jy verstaan daardie hofsaak lekker nie. Die kerk is hof toe gesleep deur sy eie lidmate omdat die kerk hulle eie reëls oortree het. Elke instelling mag reels maak waarby almal hulleself moet hou. Die NG kerk het nie by hulle eie reels gehou nie, daarom is hulle hof toe gesleep deur hulle eie lidmate.

    Oor Wyngaard stem ek saam met jou.

  • Barend van der Merwe
    Barend van der Merwe

    Hans ek stel voor jy neem een Sondag na kerk 'n uurtjie of twee en gaan lees die hofuitspraak. Die volledige uitspraak. Jy kan die uitspraak gaan soek op Kerkbode se blad. Dit is op 8 Maart 2019 aanlyn gepubliseer op Kerkbode se aanlyn blad. Dit is 58 bladsye lank en sal nie te veel van jou tyd in beslag neem nie. In daardie uitspraak stel die hof dit uitdruklik dat hulle nie uitsprake maak oor teologiese sake nie. Die saak het eintlik nie oor gaymense gehandel nie. Dit het daaroor gegaan dat die kerk hulle eie kerkorde geignoreer het.

    As jy die moeite doen om die hofuitspraak te gaan lees, dan sal jy sien dat die howe geen plan het om die Bybel aan te pas nie. Die hof moes bemiddel in daardie saak omdat die kerk se lidmate nie hulle eie kerkorde nagekom het nie. Die sotlike redenasies van behoudende lidmate dat die regering nou teologiese uitsprake maak, is net nog 'n onwaarheid wat deur kerklidmate versprei word - een van so baie ander.

  • Avatar
    Hans Richardt

    Barend van der Merwe, ek het destyds die hele affêre gevolg en gelees oor Gaum en sy pa se erkenning by Algemene Sinode.
    Ek het eergisteraand met manne uit Upington gesels, wie nou liewer na Ned Hervormde kerk is.
    Die NG kerk is histories polities korrek. Bv tydens die Groot Trek, wou die NG kerk nie 'n predikant gee of hul steun vir die Groot Trek nie.
    Die Nederduitse Hervormde kerk het wel die Voortrekkers se ideale ondersteun en so ook die ou Staatskerk geword. Daarom is ons klein, maar behoudend.
    My houding bly, ek het dit ook so aan predikant gesê, ek word wanbetaler sou hul die NG kerk se roete loop van Belhar en hierdie besluit oor "gays" op preekstoele.
    Destyds was die besluit oor vroue op die preekstoele vir jare in debat oor oa die maagstonde. Daar is weliswaar 2 strome vandag in die Hervormde kerk ook, die behoudendes en die wie vroue predikante beroep het.
    Maar om oor persoonlike higiëne en natuurlike proses te boikot, sou belaglik wees. Ek het dus in vorige gemeente 'n vroue predikant gehad en dit was ook goed en normaal. Sy het gepreek, getrou, gedoop(en gesus) en begrawe(saam gehuil)!
    Ek het destyds, in my diensplig dae, gewonder oor 1 saak. Die predikante van 3 susterskerke het saam gebid voor groot operasie in Oshakati se gemeenskapsaal vir 'n oorwinning. Tog was daar in Ongiva en Xangongo Katolieke kerke, waar die priester dalk ook so gebid het. Wonder hoe God besluit wie wen of verloor? Dalk het God tog sy eie reëls en dae?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top