Na aanleiding van die ruimterots 2005 YU55 wat vroeër die week by die aarde verbygeskuur het, sal die volgende moontlik sommige interesseer:
In 1997 het twee sterrekundiges dr Paul Wiegert en professor Kim Innanen van die York Universiteit in Kanada, en dr Seppo Mikkola van die Rurku Universiteit in Finland, ontdek dat ’n asteroïede Cruithne (Asteroïede 3765 — 1986TO), die aarde in sy wentelbaan om die son vergesel. Wiegert en Innanen het rekenaar simulasies oor ’n periode van 8 maande uitgevoer om hulle navorsing te bevestig en te ondersteun. Die Finse kollega, dr Mikkola, het hulle bevindings onafhanklik geverivieer.
Alhoewel die asteroïede reeds 11 jaar vroeër (1986) ontdek is, het niemand sy baan goed genoeg bestudeer om die rariteit daarvan te ontbloot nie. Aanvanklik het Wiegert nie geglo wat hy ontdek het nie en vermoed dat die resultaat die oorsaak van ’n rekenaarfout is. Hy het die resultate verskeie kere herhaal voordat hy oortuig was van die werklikheid van die ontdekking.
Sy kommentaar:
It was such a thrilling surprise. Discovering this asteroid’s rare orbit in our solar system was like finding a diamond in your own backyard. The proximity and characteristics of our new companion make it like the Mona Lisa of asteroids ...
Hy het beklemtoon dat die sonnestelsel een van die mees bestudeerde gedeeltes van die hemelruim is.
“We were astonished when we realized what we were seeing,” said Innanen. “This asteroid’s orbit is so unlikely and so spectacular it’s like a beautiful piece of choreography. It has a very unusual relationship to our planet and to the sun, and we are baffled as to how it got into this orbit.”
Die asteroïede, wat ’n deursnit van tussen 1 en 10 kilometers het, volg ’n gesofistikeerde wentelbaan wat uniek in die sonnestelsel is. Sy baan is so ongewoon en kompleks dat die sterrekundiges ’n nuwe woord – metgesel (“companion”) – in gebruik moes neem om die verhouding van die asteroïede met die aarde sinvol te beskryf. Innanen het gesê dat die asteroïede op sy beste as ’n “fickle” beskryf kan word omdat dit deur die aarde aangetrek sowel as afgestoot word. Asteroïede Cruithne volg ’n wentelbaan waar dit nader aan die aarde en dan weer weg van die aarde beweeg.
Die asteroïede se baan het sterrekundiges so lank ontwyk omdat dit baie verder is as ’n konvensionele satelliet en omdat sy ongewone eienskappe sy wentelbaan verberg het. Op sy naaste aan die aarde is die asteroïede 15 miljoen kilometers weg – omtrent 40 keer verder as die maan en op sy verste 375 miljoen kilometers (1 000 keer verder as die maan).
Cruithne se wentelbaan word anders as die van ’n satelliet, nie net deur die aarde beïnvloed nie, maar ook deur die son. Dit volg ’n perdeskoen-wentelbaan wat nog nooit voorheen gesien of in teorie voorsien is of in rekenaar simulasies waargeneem is nie. Daar is slegs een ander bekende perdeskoen-wentelbaan nl Saturnus se maan, Janus, wat deur ’n kleiner maan Epimetheus, vergesel word. Maar Epimetheus se baan is nie naastenby so gesofistikeerd en gekompliseerd as die van asteroïede Cruithne met sy unieke karaktertrekke nie, insluitende; ’n spiraalbeweging; ’n hoë inklinasie en ’n “overlap” aan die einde van die perdeskoen.
Dit is bykans onmoontlik om deur ’n beskrywing reg aan Cruithine se unieke baan te laat geskied. Om die bisarre fassinerende baan te sien kan daar en ook daar gekyk word. Ongelooflik?
Groete
Panda

