soms val Mens sommer aan, in, blind’lings, pre-bevel,
soms is onsiende, vyand, ja, betyds ingelig, opgestel,
soms gaat groot getalle, meesal mans, (on)salig heen,
hoor Mens nie meer weduwees, wese se g’kla, g’ween
déjà vu-g’baar, wapen rig op bose ideologie, “g’vaar”,
is juis mos wat vyand, vir mede-Mens, vir Naaste is,
al’s struktuurgeweldskade noggie naastenby al klaar,
sal iemand moet begint skryf, aan Mens Geskiedenis
word nou, van kernwapens so groot gewag g’maak,
konvensionele wapens, fancy, uit verte uit sekuur,
kanti, net kernplofkop, knoppiedruktyd, maak saak,
leef Mens, Millennium Drie S’n, inne erge Krisis-uur
Gewete skort by dié, wie “Duiwelspiek”-siek moet b’stry,
onskuld gat innie slag bly, nageslag gat lelik swaar kry
Jacobus Faasen

