aard-’n-wese

  • 0

Afrikaans, as “isiBhulu”, suiw’r rassisties,
Mens seerg’maak, b’roof via “kam’raad”,
via voorou’rpraktyk, regstelhard-g’slaat,
al sou Mens voorgee, ’s net linguïsties

hayibo, Mens slat Naaste deemeketaa,
“Europeër”, Kreool, ja, ontuis in Afrika,
slat’t oudslaaf, -Khoisan, reguit binne,
apartheid’t Mens b’roof v’n bai’ sinne

lat Mens ko-Aardl’ng, ja, Homo Sapiens Sapiens,
haat, nyd, v’rvolg’ng, vyandskap, dood, toewens,
Mens Mens Self so ultra-Self-d’struktief v’rsaak,
Naaste liefdeloos uitwis, nogal v’r “God se Saak”

skort erg’ns iets, Mens, as mentaliteit só lyk,
Mens m’t alle mag poog, Waarheid t’ontwyk

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top