Beminde, beloofde
Die Sjinese lantern
Breek uit in botsels:
Vanmiddag hang nuwemaan
Agter nartjieboom se skaduskoot soos ‘n blaar
Waar rooivink ook spanspeksade sagter maak in sy krop
En ons orent rondom die stoof
Nou hoor hoe die bloederige kneukels van muskiete
Koeplettend teen die deure begin klop
Terwyl voorvaders ook later ons voorraad droëvrugte
Saam met muise gaan verslind
Soos geitjies by die kombuisvenster daardie muskiete
Waar skoonma se hande pruimpienk vol poeding glinster
As sy die laaste beslag moutsuiker byvoeg
En ons solder se silwerskoon vlermuise
Soos donker vuurwerke deur boorde gaan glip
Terwyl boere ook blitsend aan rate brou
En volmaan onder brandby se vlerk begin hang soos ‘n nessie
Met kinders wat die ape nou stou gesteelde koemkwarte
In die kies en al rivier toe jaag
Môre spoel daar rooi waterlelies
Loefkant eerste uit op die wal
2005-11-28

