Hello,
As aanvulling en uitbreiding van die argumente aangebied in 'Weerstand teen die mites van homoseksualiteit' word die volgende bespreking gebied om die heilige fondamente waarop dit gebaseer is te formuleer en die argumente in die vorige skrywe te versterk.
Eerstens word daar met die oorsprong van die woord begin.
Die term "homoseksuele" is opgeneem in Engels vanuit Duits in 1892 en is nie afgelei van die Latynse homo (man) maar wel uit die Griekse homoios (soos of dieselfde is) en het dus te doen met dieselfde geslag oriëntasie en is die kerk verdeel in sy uitsprake oor die sondige menslike verskynsel en onnatuurlike gedrag in die samelewing en is daar net een geldige fondasie vir die beskouing van hierdie onderwerp siening wat aanvaarbaar is, naamlik dat alle homoseksuele dade as sonde gesien moet word en is die heilige tekste die hoogste gesag vir gelowiges in teologiese en etiese kwessies en kan die afvallige waardes van die samelewing nie as die norm aanvaar word nie as die gronde waarop die gelowige haar lewe moet skoei nie.
Die basiese standpunt aangaande die gesag van heilige tekste is dat die gesag van die teks enige interpretasie voorafgaan en kan die leser se wil nie op die teks afgedruk wil word nie en moet die leser van die teks nederig wees teenoor die gesag en onfeilbaarheid van die teks en nie die mens se eie ervaring wil verhef bo die onfeilbaarheid en gesag van die teks. Hierdie is van kardinale belang aangesien later in die brief dit gesien sal word dat die skriftuurlike riglyne baie duidelike riglyne daarstel vir die mens en hoe die homoseksuele persoon die inversie daarvan is.
Tesame met bogenoemde duidelike skriftuurlike riglyne is dit belangrik om die strominge in sielkunde die afgelope dekades ook in oorweging te bring wat nog meer bevestiging bied vir die aard van homoseksuele gedrag.
1. Homoseksuele as 'degenerate', en is die verduideliking duidelik, homoseksualiteit is 'n sonde en het die homoseksuele individu misluk in die potensiaal wat 'n gesonde inslag sou veronderstel.
2. Homoseksuele as siek.
3. Homoseksuele as versteurd. Al het die Amerikaanse Psigiatriese Vereniging besluit om homoseksualiteit van sy lys van geestelike siektes te verwyder 1974 kan dit aangevoer dat dit nou 'n besluit is wat omstrede is aangesien daar wel 'n klassifikasie van "seksuele oriëntasie versteurings" behou is wat tekenend is van die diegene wat versteurd of in konflik met hul seksuele oriëntasie is en bevestig hierdie dat daar 'n patologiese toestand oor die ongewenstheid van homoseksuele oriëntasie is.
4. Homoseksuele oriëntasie as 'n wanordelike toestand met geen kuur nie.
Hierdie bring die leser nou by die skriftuurlike voorskrifte:
In Gen 19:1-29 kom twee engele (manlik) na Sodom, en Lot, Abraham se neef, maak hulle sy gaste. Later begeer die manne van Sodom seksuele omgang met die gaste van Lot en aangesien hierdie tipe van omgang so 'n euwel is word Lot genoop om sy twee dogters te offer. Vir hierdie onnatuurlike daad bring die Here verwoesting oor Sodom en word daarmee opgeskryf die eerste daadwerklik optrede van God teen die homoseksuele en die gruwel wat dit is bevestig.
In 'n soortgelyke verhaal word 'n Leviet uit Efraim na Bethlehem gegaan en is daar weereens die aandrang dat die manne van die dorp seksuele omgang met hom begeer. Die Leviet wat 'n gas is van die persoon wat hom herberg gebied het, bring ongeluk oor sy gasheer se tuiste aangesien die gasheer genoop word om sy maagdelike dogter te offer, maar word die byvrou uiteindelik uitgestuur en is haar lot om herhaaldelik verkrag te word totdat sy sterf.
Bogenoemde waarskuwings moet gelees word in die lig van die verbod teen homoseksualiteit soos beskryf Lev 18:22 en 20:13.
'n Man lê nie by 'n man soos 'n vrou nie. Dit is 'n gruwel.
Daar is twee tipes van menslike afvalligheid wat teen die heiligheid van God is en afstand skep tussen God en die mens en word hierdie verwydering tussen God en mens veroorsaak deur sonde asook onreinheid of onsuiwerheid.
Sonde is 'n doelbewuste, opsetlike, persoonlike houding en optrede teen God. Die wil van God word verontagsaam en is dit ongehoorsaamheid teen God uit die diepste afvallige sondige impuls van die mens. Sonde het sy oorsprong in 'n korrupte hart, die korrupsie van die mens se wil en begrip om gehoorsaam aan God te wees.
(Gen 3:1-7; Isa 1:2-5; Jer 7:13-14; 13:10; 17:01, 9-10).
Dit is daarom niks anders as 'n godsdienstige, rebellie teen God (Jesaja 01:04; Jer 05:23). Dit is ook morele afdwaal vanaf God se wil en is dit 'n oortreding teen die menslike gemeenskap wat eenheid in God vind.
(Amos 4:01; 5:11-12; 6:4-6).
Tesame met sonde moet onreinheid ook in berekening gebring word, daar waar daar in kontak gekom word hetsy met die fisiese voorwerp of ander dergelike daaglikse handelinge en is die fisiese kontak met die bron van hierdie onreinheid, 'n gruwel teen die wil van God en is die gevolge hiervan dat die afvallige mens nie mag aanbid in die heiligdom van God en voor die aangesig van God mag verskyn nie.
(Lev 12:04; Num 19:13)
Hierdie bring dan die vraag na vore van, wat is die onreine in hierdie onreinheid?
Die antwoord is te vinde in die instinktiewe afkeer wat hierdie dade en oortredinge in die mense tot gevolg het en verduidelik dit hoekom homoseksualiteit as 'n bron van onreinheid beskou word. Die doel van hierdie reinheid is om in ooreenstemming met die heiligheid van God te wees. Die menslike liggaam is ‘n perfekte, foutlose en onbesmette skepsel van God en verklaar dit hoekom die mens onrein is in die gevalle van seksuele ejakulasie en (Lev 15:16-30) ander liggaamlike uitskeidings (Lev 15:1 -12) en maak dit die mens onrein. Dit is daarom 'n oortreding teen die reinheid van die liggaam as 'n perfekte houer vir die wil van God in die mens.
Die soeke na heiligheid vereis daarom dat individue heeltemal voldoen aan die klas waartoe hulle behoort en het dit as vereiste van volmaaktheid volgens die wil van God dat klasse of kategorieë apart gehou moet word duidelike skeidings daar gestel moet word en nie gemeng mag word na willekeur. Dit beteken dat 'n individu kan nie behoort aan twee verskillende klasse of twee verskillende fundamentele rolle op dieselfde tyd vertolk nie.
Vandaar dan is seksuele omgang met 'n dier (Lev 18:23), of bloedskande (Lev 18:6-18), asook homoseksualiteit (Lev 18:22; 20:13) die omverwerping van bogenoemde heilige voorskrifte. Dit is man en vrou wat saam mag gepaar word, maar nie man op man en vrou op vrou nie. So ook nie mens en dier nie in seksuele verwantskap nie asook ouer met kind of familie.
Dit beteken die onreine in onreinheid of onsuiwerheid is daarom dan wanorde, verwarring, die vermenging van dit wat nie gemengde moet word nie en toon dit 'n gebrek aan die heelheid, eenheid in God en staan dit in konflik tot dit wat deur God heilig gemaak is.
Die pertinente punt hier is dat homoseksualiteit in Lev gekategoriseer word as 'n bron van onreinheid en is daar geen onduidelikheid dat homoseksualiteit die mens verontreinig of onrein maak (Lev 18:24, 27) en word homoseksuele praktyk bevestig as 'n gruwel. (Lev 18:22)
Hierdie kan dan soos volg opgesom word:
Homoseksuele praktyk maak die mens onrein en verhoed die mens in sy vermoë om te assosieer met ander mense en in sy toegang tot die heerlikheid van God.
Homoseksuele praktyk is 'n belediging vir manlike eer.
Dit word gesien, veral in die eerste twee verhale waarna verwys is in die inleiding. Dit is 'n beter dat 'n vrou geoffer word, selfs al is dit 'n dogter van die gasheer.
Homoseksualiteit is 'n bron van besoedeling of onreinheid en is 'n outomatiese besmetting.
Hierdie bring die argumente dan op datum met die leringe van Paulus wat homoseksualiteit bevestig as sonde eerder as onreinheid in die historiese definisie.
Homoseksualiteit is volgens Paulus dan 'n sonde aangesien dit sy fondasie het in verdraaide gedagtes en 'n korrupte hart (Rom 1:18-28) en is ook 'n persoonlike keuse gemaak teen die morele voorskrifte van God. Paulus bring daarmee homoseksualiteit binne die omvang van die sonde en die immorele en veroordeel dit sonder voorbehoud.
Daar is twee pertinente Nuwe Testament tekste en is die bekendste sekerlik Rom 1:21-27. In 1 Kor 6:9-10 noem Paulus die verskillende soorte oortreders wat nie die koninkryk van God sal binne gaan nie. Egbrekers, diewe en die wat gierig is en onder hierdie sondaars sluit Paulus twee ander tipes ook in, manlike prostitute (malakoi) en sodomiete (arsenokoitai).
Paulus se leringe hier is dat God kennis en waarheid oor God self beskikbaar vir alle mense in die wêreld gemaak het. Maar die mens in hul dwase en opsetlike selfbelang verwerp hierdie waarheid. God se reaksie op hierdie universele rebellie teen God is dat God dan die oortreders dieper laat sink in die gevolge van hul eie optrede. God verduister die menslike gees (1:21 b, 28h). God bekragtig die dwase menslike keuses gemaak deur die wat afvallig is en so word die sirkel voltooi, die mens oortree net soos Goddelike vasberadenheid die mens dieper in die verderf laat sink. En dit is waar van homoseksualiteit in die besonder.
Paulus se siening dat die universele menslike rebellie en God se toorn en hul interaksie met mekaar, is die primêre oorsaak van homoseksualiteit en is menslike rebellie teen God se waarheid die oorsprong van hierdie afvalligheid van die mens.
Tesame hiermee bevestig Paulus se leringe dat homoseksualiteit in stryd met die natuur (1:26-27) is en in teenstelling met die wêreld soos geskep deur God en is daar net een een natuurlike seksuele aard, naamlik, die heteroseksuele.
In die lig daarvan veroordeel Paulus se leringe homoseksuele dade en persone as strydig met dit wat die ware natuur van die mens is en is homoseksuele praktyk verbode in alle omstandighede, net soos die heilige tekste se eenparige teenkanting teen homoseksuele praktyk hierdie posisie 'n spesiale krag bied aangesien dit konsekwent toegepas word. Homoseksuele praktyk is in stryd met die wil van God in die sin dat dit 'n skending van die natuur, 'n oortreding van God se kreatiewe ontwerp vir die wêreld.
Die redes waarom homoseksuele praktyk teengestaan word, word soos volg opgesom:
Die belangrikste rede is die openbaring wat God aan die mens bied en die gesag van die Bybel, heilige tekste.
Die tweede rede is dat homoseksuele omgang is in stryd met die natuur. Dit is strydig met die natuur in die sin van God se ontwerp vir die verhouding tussen die geslagte. Hierdie ontwerp is deur God geopenbaar en bevestig in die Skrif.
Baie dankie
Wouter


Kommentaar
Beste Wouter,
Dankie vir jou breedvoerige handeling oor die kwessie van homoseksualiteit uit die oogpunt van die Westerse Joodse-Christelike( Judeo-Christian) oogpunt, aan die hand van die Ou en Nuwe Testament, die sg "heilige skrifte", maar wat moet die biljoene Chinese (Confusius) hiervan uitmaak, en aanhangers van ander kulture soos die Boeddhisme? Is hierdie "Weltanschauung", dikteer deur die Joodse stamgod Jaweh vir sy uitverkore volk, die alfa en omega van die Waarheid van menswees op hierdie planeet.
En wat is die posisie dan as Jaweh net 'n versindsel is van die Joodse kollektiewe brein en verbeelding, en die "heilige skrifte" 'n argaïese versameling van Joodse tradisies en praktyke is?
Gelukkig is die trant in die Westerse wêreld vandag om afstand te doen van hierdie argaïese wêreldsiening met die bou van 'n sekulêre gemeenskap baseer op wette wat rasioneel voorkom en menseregte beskerm.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Hello PerdebyTjie en Pieter,
Beste Wouter,
Dankie vir n besondere insiggewende artikel basseer grootliks op die bevindinge en uitsprake van die VSA Academy of Pediatrics, 'n spesialiteit so na aan my eie hart. Jy het regtig baie moeite ondervind en tyd spandeer met jou skrywe, dus moet jy weet tot watter mate dit waardeer word.
Die anti-gay brigade word, in die finale analise, gemotiveer deur vrees en haat, en hulle rigsnoer in die Weste is maar die Bybel wat vir hulle die alfa en omega van alle waarheid bevat. Dit is onrusbarend tot watter lengtes hulle sal gaan om hulle vooroordele en blatante leuens te versprei.
Persoonlik het ek gemerk dat hoe hoër die opleiding (education) en ontwikkeling van 'n persoon is, hoe meer tolerant en "open minded" 'n persoon staan teenoor hierdie vraag.
Vandag is dit is die taak van die regsstaat om die regte van hierdie gemarginaliseerde groep te verdedig teenoor die wolwe.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Hello Pieter,
Beste Wouter
Dankie vir die baie volledige skrywe. Lanklaas soveel sin oor die onderwerp gelees. Dankie vir die moeite.
Ek is egter bevrees die anti-gay brigade sal dit nie lees nie, want dit kan dalk hul spirituele insig aantas! Netsoos wat bewyse daarvoor nie nodig is nie, is 'n studie van die werlikheid van homoseksualisme ook nie nodig nie ... "finish en klaar"!
Groete
Perdebytjie
Hello Perdebytjie,