Geagte mnr Pretorius,
Ek wil Meneer net hartlik gelukwens met die uitstekende storie, Die Boeklub wat Meneer geskryf het.
Ek en 'n goeie vriend van my het elke week seker gemaak ons skakel in met die inwoners van Merweville. Die kombinasie van intrige, komedie, hartbreek en geluk wat Tom-hulle ervaar het was vreeslik aangrypend.
Dankie dat ons kon deel wees van hulle reis.
Beste groete
Adriaan van Eeden


Kommentaar
O ja dit was hartroerend ... asemrowend. Dit was só mooi.
Beste reeks ooit. Wonderlike storie en akteurs. Asb skryf 'n opvolg.
Adriaan
Jy slaan die spyker op die kop, wat 'n PUIK reeks en wat 'n jammerte dit is verby. Die stori-lyn, akteurs en aktrises en natuurlik die storie was skitterend geskryf en tonele vertolk en ek glo almal van ons kon onself identifiseer met sommige van die storielyne,wel ek kon en het toe sommer so op die koop my "grafskrif" gekry: "Dood is net 'n komma", dankie Louis Pretorius.
Die Boekklub was ontsagwekkend. Ek hoop daar is nog. Dankie Grieta
Gaan daar 'n dvd wees? Of sal dit moontlik wees om die episodes by die vervaardiger te kry? Of aan te koop?