Aan jou gerig
Ek hou, ek hou, ek hou van jou
Ek sak ineen, my knieë lam gevou
Jy gee my ’n Coke, ek gee jou ’n kyk
Let's get out of here and see where this goes
Jou jeans, jou hare, jou cool Puma-skoene
’n Wik en weeg - ’n hele gedoente
Ek kyk, jy sien - my heart skips a beat
Vir jou gee ek meer as net klapsoene
’n Vlieg teen die muur, ’n leë bottel wyn
Êrens is jy anders - you drive me insane
Vat jou sonbril en slat jou kitaar
Maak dat jy wegkom, finish en klaar
Alle grappies op ’n stokkie, jy is meer as net ’n pel
Van hande vashou en nonsens praat kan jy my nie vertel
My eyes are wet, my well is dry
Ek voel nog jou asem, warm teen my vel
’n Vlieg teen die muur, ’n lee bottel cane
Êrens is jy anders - you drive me insane
Hier's jou sleutels, klim in die kar
Dink aan jouself, ek wil jou nie verwar
Soms is my asem te min vir my woorde
Soms is my asem te min vir my woorde
Soms is my asem te min vir my woorde
Soms, soms, soms, is ek verlore
Dit ruk, dit stik, dis lankal verby
Get yourself a life, coz I'm OK
Die internet is af, die sein het verdwyn,
Terug na die landline, dis al wat ek kan kry
’n Vlieg teen die muur, ’n nasty hoofpyn
Êrens is jy anders - you drive me insane
Ek soek ’n graaf, ’n gat word gegrawe
My woorde, my sinne, my lang paragrawe
![]() |



