Geskryf vir: Straatligkinders
Ek steek my hand uit
Op soek na jou
Ek roep jou naam uit
En jy verdwyn
Brug:
En my gedagtes wankel steeds
Ek wonder hoe dit sou wees
As jy by my gestaan het
As jy na my gevra het
Koor:
En aan die einde van die pad
Loop ons in verlate spore
Die spore van my hart, diep getrap deur jou
En aan die einde van die pad
Loop ons in verlate spore
Die vensters van my oë, vol krake sonder jou
Vers 2:
Nog 'n dag sonder jou
'n Gesig wat my vermy
'n Skemerlig verhelder
Die donker in my hart
Brug:
En my gedagtes wankel steeds
Ek wonder hoe dit sou wees
As jy by my gestaan het
As jy na my gevra het
Koor:
En aan die einde van die pad
Loop ons in verlate spore
Die spore van my hart,diep getrap deur jou
En aan die einde van die pad
Loop ons in verlate spore
Die vensters van my oë, vol krake sonder jou

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

