aa es bee

  • 0

camagu, alle eer aan alle voorouers, ja,
loof en prys Skepper, umDali, Qhamatha,
soek, Mens, Bewys, van Sy Suiwer Waarheid,
hoe Sy Paradiso oppe baie mooi dag gat lyk,
in Sy Almagtigheid se Allereie Geregtigheid

camagu, siyahlonipha, wonk’ umNtu,
Vader, mede-Mens, Waardig, ubuNtu,
‘T moet alles deel word, integraal, isiNtu,
wyse waarop Mens, mede-Mens, U Wet,
moet uitleef, na volslae vernietiging streef,
van “Duiwelspiek”-mentaliteit, kil slaafsheid

en as voorouers nie meer namens Mens, tussenbei tree,
versoek Mens Mens Skepper, lat Hy Gewete terug sal gee

Jacobus Faasen

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top