staan Mens heel stomg’slat, re wonn’rwerk vannie Woord,
in alledaags-teologies terminologie, ’n bo-Menslik mirak’l,
al maak Homo Sapiens Sapiens sigselwers een spektak’l,
als klaa’, premeditatief, g’mediteer, ing’volge Ú Akkoord
staan Mens, in al Mens se swakheid, skoon v’rbyst’r,
nettie idee, waarheidsontvou’ng, feitl’k onb’skryfl’k,
Lewe Twee Lewe nes Mens v’n’t droom, wonn’rl’k,
prag, praal, pl’sier, liefde, as’mrow’ndheid, luist’r
Dra U so Sorgvuld’g Kennis, re Mens se skete,
hoev’l g’ly’t, g’swoeg, g’sterf’t, vól apartheid,
hoekom vries Mens se bloed, by g’dagte, eish
al wat Mens nu b’nodig, v’r oorlewing, is g’wete,
suiw’r wet’nskapl’k-waarheid, menswaard’gheid,
opp’r-sup’r-liefl’kheid, ultra-idillies, Ú Paradys
Jacobus Faasen

