Yl lug

  • 0

Op 35 000 voet is die wolke ónder
ons ’n arktiese sneeulandskap: kristallyne
heuwels onderbreek deur gladde wit
savannes, woude & diep ravyne.

Onleefbaar yl vir vlerkloses soos ons,
ysig & suurstof-arm, geen plek vir heliofobe.    
Buite hierdie knus kajuit, bestraal
deur ’n swart kosmos, oorleef net mikrobes.

Teken in op LitNet se gratis nuusbrief vir 'n weeklikse dosis vars poësie .

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top