Eat your heart out, C Louis Leipoldt
'n pastiche
Jy het nooit jou trouring afgehaal
nie, nee, nee die skyn bly bewaar.
O wys my die plek eens toe jy myne was.
Twee maal koop ek vir jou ring
en ek dans met die vrou en hou my lyf
so vol dingetjies, dingetjies.
Jy het nooit jou trouring afgehaal
nie, nee, die skyn bly bewaar.
Kom gee vir my ‘n polpyntjie.
Somer en son en suntan lotion
en ek dans met die vrou en hou my lyf
so vol dingetjies, dingetjies.
Jy het nooit jou trouring afgehaal
nie, nee, die skyn bly bewaar.
Wie se ring, wáffer ring dra jy nou?
Alweer ‘n nuwe liedjie op ‘n ou deuntjie?
En nou sing ek van die hart wat tekeer gaan.
Jy het nooit jou trouring afgehaal
nie, nee, nooit jou trouring afgehaal.

