Wisselstroom

  • 0

Gaan skryf dit op,
delete dit weer ...
'n Roekelose
sfeer van lettertjies
dalk myne miskien joune
in ruimte
sonder tyd
van enter ...
escape

Absolute kodering
kan deure oopsluit
net in 'n naam.

Skuilplekke gevorm
uit nood/fantasie?
Vermommend deur
die blaaie wat
ander sien.

Rus jou ore,
verras jouself
Fliek op die vloer met 'n
ou kombers deur
'n geheuestokkie
vir jou Apple Mac te voer.

Jy kan lees –
of lag.
Jouself voed
met die kerk se dagblad.

Of wat van die nuus?
Gaan kliek op koerant,
tot jy dringend terugkeer
met twee sakke klere
aanlyn met jou e-bucks gekoop.

Het jy al iets vir jou familie
met die hulp van facebook gekook?

Skielik tot in my tone lam
die ritmiese getik
seil van ver oor die toetsbord aan.

Ek vlieg ...
Ja ek vlieg!
Verby die
raadgewers, die
redelikes, die wyses,
politikusse, pessimiste
met of sonder wiele
tot waar ADSL my kan dra.

Dan skryf ek dit op
en delete dit weer.
Sal hoofstuk twee
môre op MS Word probeer.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top