Beste Chris,
Ek merk dat jou skrywe van 2012.10.02 reeds 2 dae later nie meer onder SêNet-briewe te vinde is nie, ook nie eers onder die katogrieë van jongste artikels, mees geleesde, meeste kommentaar of mees gedeelde nie! Dit ten spyte van die feit dat jy die mees insiggewende verwysing oor die Ou Testament sedert die bestaan van SêNet-briewe vir ons gelewer het in die vorm van Jaco Gericke se tesis oor die bestaan, of nie, van die Joodse god, Jaweh.
Maar so is die wêreld maar. Die werklike pêrels tussen die kaf gaan ongemerk verby in die sg tyd van massa-informasie en -kommunikasie.
Ek stel voor dat almal wat werklik geïnteresseerd is in die waarheid en werklikheid van die Ou Testament, en sy hoofkarakter, Jaweh, en alles nie sommer aanvaar soos dit propageer word nie, of aanvaar soos geloof dit dikteer nie, die avontuur van ’n leeftyd sal beleef om hierdie tesis deur te lees.
Best groete,
Pieter Redelinghuys


Kommentaar
Beste Pieter,
Dis goed om te weet jy is weer hier na jou lang afwesigheid. Tereg soos jy merk dat jou skakel reeds 'n paar dae gelede deur Chris Dippenaar vir ons gegee is. Alhoewel ek nog lank nie klaar is nie het ek dus intussen darem geleentheid gehad om 'n groot deel daarvan te lees.
Tot op hede was niemand hier al ooit bereid gewees om hul rede ter ondersteuning van sulke omstrede dissertasies deur te voer nie. Om een of ander rede eindig als gewoonlik in die persoonlike neerhaal van 'n opponent.
In absolute wanorde blyk die motief van die opsteller JW Gericke hierdie keer ook niks anders as net omstredenheid te wees nie.
'n Meer deurdagte verhandeling na my mening oor naby dieselfde onderwerp en deur dieselfde WJ Gericke kan hier gelees word: http://www.ve.org.za/index.php/VE/article/viewFile/190/145 Sy finale erkenning daarin lees as volg: There remains a distinct gap in the research within Old Testament scholarship as far as metatheological issues are concerned. Meta-theistic assumptions in particular have not been analysed and the ideal auxiliary discipline – philosophy of religion – has not featured prominently in Old Testament studies. In order to rectify such an oversight, this article provided a prolegomena with suggestions for further research. Yet there is much to be done, for there is much to be discovered that now lies dormant in the ancient texts – waiting for us to come and see what we have all along taken for granted. And becoming conscious of one’s presuppositions is the first step to transcendence.
Dis voor die hand liggend dat ek hiermee ook sy eie goeie raad daarom aan hom kan voorhou. Ek neem met vrymoedigheid die laaste sin uit al die ander onsin ter harte en herhaal: And becoming conscious of one’s presuppositions is the first step to transcendence.
Dis duidelik dat WJ Gericke vandag 'n "died again Christian" van faam is en as bevoorregte uit die vergange Christelike Nasionale era kom.
WJ Gericke is 'n navorsing assosiaat, Departement Ou Testamentiese Studies, Universiteit Pretoria. As sulks moet hy dus as uiters gesaghebbend by Calviniste gereken word.
Sy forte begin en eindig egter daar...
Hy het duidelik nie eens 'n idee wie byvoorbeeld Aquinas is nie. Sy obsessie met en uitsondering van die enkele naam vir God in die Ou Testament uit vele naamlik Yahwe, blyk ook moedswillig te wees. Sy totale bewustelose vertolking van die Ou Testament onderhewig aan sy Protestante vooroordeel sonder enige rekening met byvoorbeeld ook Rabbinisme maak van hom net nog 'n Kobus de Klerk aan die anderkant van die draad.
WJ Gericke is egter ook baie lig in die balie. Had hy so 'n bietjie meer kennis en ervaring buite sy Protestante onthutstheid gehad sou hy geweet het dat 'n duiwelsadvokaat 'n Roomse prelaat is wat by 'n kanonisasie aangewys word om die kant van die duiwel te verdedig en dié van 'n Godsadvokaat te bestry. Iemand wat bewustelik allerlei besware teen geloofsake opper is inderdaad millennia oue katolieke gebruik. Dis onlangs weer afgestel sover ek weet en sonder dat ek ook regtig weet hoekom. Maar heel belangrik: Is jou rede siviel of op kriminele gronde as jy teïsme as 'n regsargument hipostateer. Die een berus op feit en die ander op waarskynlikheid.
Watse feitlike bewyse bo alle twyfel is daar al ooit aangevoer dat God nie bestaan nie?
Eweneens, is daar enige feitlike bewys wat in 'n kriminele hof sou staan dat God wel bestaan?
Ook nie...
WJ Gericke sal sy saak op waarskynlikheid selfs teen die uwe sonder sukses uitsweet met al sy ongefundeerde argumente gegrond op hoorsê waarskynlikhede.
Met alle respek, in my gedagte kon 'n gesoute Christopher Hitchens dit nie eens byvoorbeeld teen Aquinas maak op grond van waarskynlikheid nie.
(Steurend eintlik ook WJ Gericke se gedweep met verwysing na homself as "duiwelsadvokaat". Hel, ek meen, vir 'n ateïs is hy darem ook net te erg gekwel met die duiwel. Sy oordrewe maat blyk dus eintlik satiries te wees om maar net nog meer omstredenheid te probeer wek rondom sy geletterde aansien en punt wat hy probeer maak).
Ek sal teleurgesteld wees as jy WJ Gericke naby in dieselfde liga as Richard Dawkins probeer plaas.
As jy ook gewoond is aan die ontslape Christopher Hitchens se debat dan is ek seker jy sal my frustrasie met die gekruip vir sensasie deur al die kontroversiste op die werf deel.
Dis kortliks en so beknop in 'n neutedop as wat ek kan.
Daar is egter wel grond vir leersame bespreking rakende 'n enkele hoofstuk uit WJ Gericke se hekelvers.
Laat weet my of jy dalk Hoofstuk 5 as punt vir bespreking sal deel.
Namaste!
Cornelius
Hello Cornelius
Ek dink regtig jy mis die kern van Jaco Gericke se tesis. Jahweh/God van die filosowe (wat Aquinas insluit) en teoloë is 'n abstrakte wese wat elke eienskap in die maksimum goeie besit, maar nie orals in die Ou Testament gevind kan word nie. Of jy het nie die inleidende hoofstuk gelees nie, of jy ignoreer dit doelbewus. Ek dink dat dit laasgenoemde is. Dit maak dit moontlik vir jou om te sê "absolute wanorde blyk die motief van die opsteller JW Gericke hierdie keer ook niks anders as net omstredenheid te wees nie".
Die volgende aanhalings uit die inleiding van die tesis wys dat jou verwysing na Aquinas en Hitchens (en hoe eersgenoemde die vloer vee met laasgenoemde in jou gedagtes (drome?)), asook jou vraag: "Watse feitlike bewyse bo alle twyfel is daar al ooit aangevoer dat God nie bestaan nie?", heeltemal irrelevant is in die konteks van hierdie tesis:
"In this study, the devil’s advocate has a singular objective and that is to prove (sic) that Yahweh-as-depicted in the texts of the Old Testament does not exist" (p.9).
"The problem with leaving philosophical questions regarding the existence of Yahweh for the philosophers of religion is that these scholars do not limit their inquiries to the Old Testament discourse. The “religion” most philosophers of religion are interested in is not Old Testament Yahwism. Instead, the majority of philosophers and philosophical theologians are concerned with the religion of post-biblical Judaism or Christianity. When these scholars argue for or against the existence of God, their epistemological sources for constructing a conception of the deity are not limited to the Old Testament. Instead, in their ontological analyses they base their claims on the systematic and normative discourse of postbiblical doctrinal theology. Consequently, one cannot expect philosophers of religion to limit their ontological analysis to whether or not realism is justified with regard to Yahweh-as-depicted in the text. These scholars are concerned with the God of the philosophers and not merely with the God of the Old Testament" (p.16)
"As noted earlier, this study is not an example of the philosophy of Christian religion but rather an attempt to engage in a philosophy of Old Testament religion. Consequently, the arguments featured in the case against realism in Old Testament theology cannot be watered down copies of the arguments utilised in the philosophy of Christian religion. Instead, the devil's advocate's arguments must be based on categories and topics more directly related to the nature and contents of the biblical discourse and that of Old Testament studies" (p.25).
Jaco Gericke se artikel (What is a god? Metatheistic assumptions in Old Testament Yahwism(s)) is nie 'n weerspreking van sy tesis nie, soos jy probeer insinueer, maar 'n uitbreiding en ontwikkeling van dit wat hy voel die veld van filosofie van die Ou Testament godsdiens behoort te behels; weereens, Yahweh-as-depicted in the texts of the Old Testament as fokuspunt.
Jaco kon besluit het om homself Piet Poeopol te noem, in plaas van Duiwelsadvokaat, en dit sou geen afbreuk gedoen het aan sy argument nie. Of jy dink dat sy keuse effens melodramaties is, of dat hy 'n obsessie met die duiwel het is, weereens, irrelevant. As jy 'Appendix A' lees sal jy verstaan verstaan waar hy vandaan kom.
Jy sluit af met 'n string ad hominin aanvalle en vra dan met botter wat nie kan smelt in jou mond om hoofstuk 5 te bespreek. Dit, ten spyte van die versoek na elke hoofstuk van Jaco dat sy argument as geheel gelees moet word. Jou uitspraak dat daar 'n leersame bespreking rakende 'n enkele hoofstuk uit hierdie "hekelvers" is kan net nonsens wees. Behalwe dat jy die inleiding gemis het en nog nie die tesis klaar gelees nie, bied jy niks anders as strooiman en ad hominin aanvalle aan nie! Jy maak nie 'n enkele geldige argument wat die tesis kan ondermyn nie!
Ek het dit oorweeg om hierdie reaksie van my ook te copy-en-paste by meer as een brief soos jy gedoen het met joune, maar ek gun jou hierdie histeriese oomblik, moontlik veroorsaak deur 'n klein barsie aan die muur van jou geloof. Barsies wat moontlik 'n nuwe betekenis kan gee aan Johannes 8:32: En [jy] sal die waarheid ken, en die waarheid sal [jou] vry maak.
Ek dink nog steeds jy is 'n goeie ou, maar dit grief my om te sien wat jy bereid is om doen om jou geloof te regverdig. Jy behoort jou te skaam.
Chris
(Ek vra om verskoning vir die lengte van my reaksie. Ek probeer om nie 'n gewoonte te maak daarvan nie)
Beste Cornelius,
Baie dankie vir jou belangstelling en vir jou kommentaar. Ek "ken" jou al baie jare en het ’n soft spot vir jou! Dus stel ek nie belang om Jaco Gericke se tesis met jou te bespreek nie. Dit staan soos dit is. Die somtotaal van sy argumente is monumentaal, en ek aanvaar sy afleidings. Ek verstaan goed jou weersin weens sy pittige, kristal-helder, en daarom brutale wyse waarop hy sy argumente voer, en uithammer. Daar is geen waffel in sy styl om sy boodskap te versag nie, en sy afleidings sal vir baie Christene soos messteke laat voel.
In aanmerking van jou persoonlike geskiedenis en omstandighede sou die beste oplossing vir jou persoonlik wees dat jy voortgaan in jou geloof. Niemand stel belang om gate te skiet in die geloof van gelowiges nie. Hierdie is veronderstel om ’n "intellektuele" of, minstens, kulturele webblad te wees, en onortodokse opinies mag seker ook gepubliseer word.
Beste wense,
Pieter Redelinghuys
Hallo Chris,
Soos gewoonlik; dankie vir jou toeligting.
Ten einde beter begrip dalk vir my kommentaar wil ek dit weereens duidelik maak dat geloof en ongeloof irrelevant is sover my bedoeling.
Ek nodig dit ook om te noem dat ek geen boaardse talent om te interpreteer of spirituele intelligensie sal aandurf nie.
Ek lees alle debat op grond van logika en sigwaarde – die algemene indruk wat ’n deelnemer doelbewus of onbewustelik by ander skep.
Mitologie en poetry val egter buite hierdie maatstaf wyl debat oor mitologie en poetry weer deel is van my benadering.
Daarmee gee ek nie voor dat my aanpak absoluut is nie. Ek deel met jou my benadering om enige beperkende indruk van bybedoeling te vermy.
Jy tik: Ek (Chris) dink regtig jy (Cornelius) mis die kern van Jaco Gericke se tesis. Jahweh/God van die filosowe (wat Aquinas insluit) en teoloë is ’n abstrakte wese wat elke eienskap in die maksimum goeie besit, maar nie orals in die Ou Testament gevind kan word nie. Of jy het nie die inleidende hoofstuk gelees nie, of jy ignoreer dit doelbewus. Ek dink dat dit laasgenoemde is.
Chris, ek het wel nog nie alles in JW Gericke se verhandeling gelees nie maar uit die oorgrote daarvan en spesifiek die opskrif blyk die algemene indruk te wees (ook by Pieter, Perdebytjie en Thomas) dat JW Gericke se verhandeling daarop gerig is dat God/Jahweh in totaal nie bestaan nie.
Jy haal self die volgende daaruit aan: "In this study, the devil’s advocate has a singular objective and that is to prove (sic) that Yahweh-as-depicted in the texts of the Old Testament does not exist" (p.9).
Jy kan tog nie wil voorgee dat JW Gericke daarmee bedoel dat Yahweh/God soos elders voorgestel wel bestaan nie.
Alhoewel die vraag of God bestaan al dan nie heilig aan alle kante vir my is, stel ek myself moeilik voor hoe ’n weldeurdagte ateïs hulself op Jaco Gericke se tesis sou verlaat (lees weer al my besware en gebrek aan gesag deur JW Gericke in sy verhandeling wat ek hierbo met Pieter deel).
Jaco Gericke is nes meeste ander Afrikaanse ateïste onderhewig aan sy "died again" Protestante ervaring en redeneer daarin dat as die Ou Testament verdag gemaak kan word dit ’n puik saak vir ateïste in die algemeen maak.
Die onderhewigheid van "died again" Protestante staan duidelik in jou volgende aanhaling: "The problem with leaving philosophical questions regarding the existence of Yahweh for the philosophers of religion is that these scholars do not limit their inquiries to the Old Testament discourse. ..." (p.16)
Jy sien Chris, dis presies waarvoor jy my verkwalik – ek is nie soos tipiese Protestante beperk in my kennis tot die Ou Testament of die Bybel nie.
Jaco Gericke blerts egter een van sy vele groot bollies in jou volgende aanhaling: "As noted earlier, this study is not an example of the philosophy of Christian religion but rather an attempt to engage in a philosophy of Old Testament religion. Consequently, the arguments featured in the case against realism in Old Testament theology cannot be watered down copies of the arguments utilised in the philosophy of Christian religion. Instead, the devil's advocate's arguments must be based on categories and topics more directly related to the nature and contents of the biblical discourse and that of Old Testament studies" (p.25).
Agge nee hel man, as dit hoegenaamd waar was sou hy minstens Rabbynse beskouinge ook in sy tesis geag het.
Jy tik: Jaco kon besluit het om homself Piet Poephol te noem, in plaas van Duiwelsadvokaat, en dit sou geen afbreuk gedoen het aan sy argument nie ..."
Chris, Piet Poephol kon dalk gewerk het. Met respek; Poephol is veels te gesofistikeerd.
Enigeen wat "Appendix A" [http://upetd.up.ac.za/thesis/available/etd-03192004-135203/unrestricted/11appendices.pdf] lees sal wel my standpunt daarom duidelik sien.
Jaco Gericke is ’n "died again" Protestant wat soos menige ander sy anker in die lieflike bundel Heilige Skrifte genaamd die Bybel gehad het. Fundamentaliste soos Kobus de Klerk verafgod dieselfde bundel as die Woord/God.
Algemene katolieke katkisasie leer egter die geskiedenis/agtergrond van die Bybel en dat dit nie die enigste Heilige Skrif op aarde is nie.
Katolieke val ook nie juis vas in Hollywood se Mythbusters nie (daarmee saam erkentenis die uwe geniet self die show waar hy soms geleentheid het).
Hiermee my dank aan onse toegewyde Webvoete; verskoning ook vir my oortreding van die woordperk.
Cornelius
Beste Pieter,
Dankie vir jou bemoediging.
Cornelius
Cornelius, in jou eerste reaksie skryf jy onder meer:
"Watse feitlike bewyse bo alle twyfel is daar al ooit aangevoer dat God nie bestaan nie? Eweneens, is daar enige feitlike bewys wat in ’n kriminele hof sou staan dat God wel bestaan? Ook nie".
Ek het waardering vir die stelling van beide kante in die ou argument oor "bewyse" vir die bestaan al dan nie van ’n godheid, maar ek moet jou daarop wys dat Victor Stenger die ou argument aan flarde geskeur het – veral in sy boek God, the Failed Hypothesis. Hy kon natuurlik nie finale bewyse gee vir die nie-bestaan van ’n godheid nie want die ou logikareel dat jy nie die nie-bestaan van iets kan bewys nie, geld steeds.
Maar hy het op verskeie gronde, maar veral in die ontleding van empiriese data oor die bestaan of nie-bestaan van ’n godheid BO ALLE REDELIKE TWYFEL (jou woorde!) bewys dat so iets nie bestaan en nooit kon bestaan het nie. Ek verstaan hy het die argumente verder geneem in sy jongste God and the Folly of Faith, maar ek het dit nog nie kon lees nie.
Terloops, Chris Dippenaar, jy hou nou wel nie van my miliante tegnieke nie (sien Jan Rap se "Thys Human" items), maar ek dink jou ontleding verlede week oor Adam en Eva en die slang en "God" was kostelik – en so lekker in die kol! Kon dit ook nie weer kry nie, maar toe kry ek die argief vir SêNet-briewe so onderaan LitNet se hoofblad.
Hello Cornelius
Dit is belangrik dat Jaco Gericke se tesis sistematies van voor tot agter deurgelees word om die volle impak daarvan te waardeer (die probleem wat jy het met die weglating van die Rabbynse beskouinge bv, word verduidelik in hoofstuk 8). Neem jou tyd met die lees hiervan, sou jy nog belangstel. Die fout wat ek miskien gemaak het is om jou nie hierdie spasie toe te laat nie.
Chris
Dankie Thys, ek sal verseker Victor Stenger se argument opvolg.
"Bo alle redelike twyfel bewys" hang natuurlik van die regter af.
Die soort hof waarin ’n saak gevoer word en die soort bewyslas ter sprake is uiteraard ook belangrik.
Ons is elkeen onderhewig aan ons eie hart daarin.
Die mees belangrike egter na my mening is dat daar wel debat gevoer word tussen skeptici en oortuigdes, ongeag wie die uitkoms daarvan beslis.
Hoe dit gevoer word is ononderhandelbaar; ordelik en met wedersydse respek ... Kobus de Klerk byvoorbeeld en sy gevolg se infernale omstredenheid is soos ’n haelstorm wat die gesaaides op ’n landery verwoes en die kuikens in hul nessies doodslaan; hoe anders as deel van die noodlot verklaar ’n mens sulke sinnelose vernietiging?
Dan is daar die lot wat Socrates, Stefanus en vele andere aan alle kante van die draad al getref het ...
In Joodse, katolieke, Boeddhistiese en Hindoe tradisie word gelowiges en ongelowiges vandag ewe deel in die geleidelike ontwikkeling van die mens se bewussyn geag.
Dis nie of ons God bevraag nie; dis die hart waarmee ons dit doen wat saak maak ...
Tussen Moslems en Protestante ("died again" en andere) word jy tot aartsskurk verklaar sou jy waag om God te bevraag, nie na hul mening reg aanbid nie of bloot net waag om te aanbid.
Ja, en wie kan raai waar die teelaarde vir oorlogshonde vandag oral in die wêreld is?
Thys, daar is ’n lang lys besonderse en Godsdienstige wetenskaplikes ook.
’n Boek op my rak wat ek so van tyd tot tyd om baie ander redes bestudeer is Leon Lederman se The God Particle: If the Universe Is the Answer, What is the Question?
Dan is daar die onlangse boek van Gerald Schroeder; God According to God: A Physicist Proves We've Been Wrong About God All Along.
En, dan is daar ’n hele versameling werke deur Carl Sagan op my rak wat my verby hierdie leeftyd gaan neem.
Na jare se lees onder meer aan A NATURALIST'S VOYAGE ROUND THE WORLD deur CHARLES DARWIN beoog ek in genade eersdaags ook al my vrae en ontdekkinge daarin op die werf te deel – juis dit wat nog nooit op die werf geroer is nie.
Die saak is eintlik net op waarskynlikheid gesteld.
Alvorens jy finaal bo alle redelike twyfel beslis kyk gerus eers deur hierdie pragtige werk [http://www.godofwondersvideo.org/chapters.htm]. Ek glo dis die moeite werd om met ’n oop gemoed daarin jou rekenaar op te stel en met hopelik genoeg byte die prentjies te geniet. Stel jou die hart daarin voor om so iets saam te stel – dis nes Bach, Beethoven, Mozart en vele ander se begeesterde kreatiwiteit in hul toegewyde Godsdiens ...
Thys, die lewe raak beslis kort hoe meer ’n mens die wonder van ons bestaan besef.
Dankie vir jou deel daarin.
Namaste!
Cornelius
Chris, jy is reg – ek het by een begin en sistematies net tot by vyf gevorder.
Na jou aanmaning het ek hoofstuk agt uitgesonder en aandagtig deurgelees.
Ongelukkig moet ek nou toegee dat my mening nog meer aangedaan omtrent JW Gericke se verhandeling is.
Dis wel noodsaaklik na my beskeie mening dat sulke debat gevoer word, maar ek dink dat die opstellers van sulke verhandelinge verantwoordelikheid aan die dag moet lê.
Ek wil myself egter baie duidelik van gewaande kritiek soos dit deur Kobus de Klerk elders distansieer.
Sonder om myself onderhewig aan enige vooroordeel te maak (geloof of ongeloof), deel ek die volgende met jou;
Daar is menige sinnelose of dalk foutiewe verwysinge na tekste in die Bybel byvoorbeeld: "Yahweh as divinised ancestor (1 Sam 28:13;...) "
1 Samuel 28:13 lees eintlik: "En die koning antwoord haar: Wees nie bevrees nie; maar wat sien jy? En die vrou sê vir Saul: Ek sien ’n bonatuurlike wese (’n god) uit die aarde opkom."
Nou ja, dit was nie Yahweh wat aan Saul verskyn het nie maar die ontslape Samuel. Net Kobus de Klerk se spirituele intelligensie en boaardse talent om te interpreteer sal Jaco Gericke se interpretasie dat dit Jahweh was wat as "divinised ancestor" deur die heks van Endor aan Saul opgeroep is kan oortref.
Jaco Gericke se verhandeling wat ek sover gelees het is egter deurspek met sulke onsin ... (moet asseblief nie van my verwag om verder in diepte daarop in ons woord perk te gaan nie).
Die mees voor die hand liggende dwaling deur Jaco Gericke is sy geesdrywery met die naam Jahweh en iets soos Jahwisme.
Om dieselfde rede het ek van die begin getwyfel of hy enige ag op Rabbynse lering omtrent God in die Ou Testament geslaan het.
Ek het in my lewe nog nie ’n Jood die naam "Yahweh" hoor spreek nie. Blote navraag hieroor aan my Rabbi geesgenote het aanstoot gegee.
Die naam "Yahweh" en elke variasie daarop is ’n hedendaagse versinsel deur Protestante. Messiaanse Jode sal dit dalk doen maar geen Jood, gelowig of ateïs, sal vokale tot die letters YHVH voeg nie.
YHVH is inderdaad onuitspreeklik.
Jode vandag verwys na G-D as HaShem en Hamakom.
In die Ou Testament word God in talle name gedien onder meer Elohim, Adonai, Tsemach Tsedakah, Rosh Pinah, HaPalat, Kadosh, ... en vele meer.
Jaco Gericke se gedweep met die naam "Yahweh" is daarom uiters onakkuraat en val dus totaal verby.
Nes Kobus de Klerk probeer Jaco Gericke ook om die woord mite in die een of ander boosheid te okkulteer. Dis steurend hoe hard hy probeer om mitologie as werktuig en instrument in Godsdiens te onderdruk. Waar Hollywood se Mythbusters ophou gaan hy en Kobus de K daarmee aan.
Daar is ’n lang lys werke deur Joodse sowel as katolieke wetenskaplikes wat ek kan aanhaal om Jaco Gericke se veronderstelling van "half gebakte" en verkrampte liberale Godsdienstiges in terme van logika te weerlê. Dis egter die kool die sous nie werd nie aangesien Jaco Gericke reeds sulke ernstige en fundamentele foute in sy veronderstellinge gemaak het (soos reeds oral in my kommentaar gestel).
Chris, die heel beste argumente dat God nie bestaan nie word na my mening deur Jode en in die Rabbinisme gevoer. "Died again" Protestante is eenvoudig te aggressief en onderhewig aan hul teleurstelling om die onderwerp objektief te dien (die uwe is self ’n "died again" Protestant – dis genade dat ek my Joodse, Hindoe, Moslem, katolieke en Boedhistiese broers en susters gevind het).
Tog bid ek dat ’n opregte Afrikaanse advocatus diaboli wel eendag sal kom en ’n verhandeling soos JW Gericke se "Does Yahweh Exist" uitkam.
Namaste!
Cornelius
O ja Chris, moenie worry om vir my plek te maak nie ... net onse Webvoete kan my nog op die werf keer as ek skrop en pik waar ek wil ...
Hello Cornelius
Die naam Jahweh is ’n konvensie onder Ou Testament kundiges, en word nie gebruik deur Jaco om snaaks te probeer wees nie. Die naam van God in die Ou Testament is die Tettragrammathon (YHWH), of in Duits JHWH en word vir praktiese redes uitgespreek as Jahweh of Yahweh. Niemand weet vir seker wat presies die uitspraak is of was nie. Jode self beskou die Tettragrammathon as te heilig om uitgespreek te word en sal na God verwys met die lys name wat jy noem.
Interessant, vir my in elk geval, is die oorsprong van die naam Jahovah. Dit is gebaseer op die Duitse weergawe van die Tettragrammathon (JHWH) wat gekombineer is met die aanvaarbare spreek van die naam Adonai. Die eerste drie vokale van hierdie naam is ingevul tuusen die konsonante: JaHoWaH in Duits en Jahovah in Engels.
Chris
Dankie vir jou toeligting Chris. Ek was eerlik die mening gedaan dat Jaco Gericke onder meer met die naam Jahweh hekel. Ek het intussen uit belangstelling navraag by my mede-katolieke dienaars oor die gebruik van die naam Jahweh gedoen. Die Vatikaan het glo selfs ’n bevel uitgevaardig waarin die uitspreek van "Yahweh", of enige variasie daarvan, in hul liturgie verbied word. Ook vir Jode is die heilige tetragram YHVH ’n onuitspreeklike plekhouer. Dit word in geen klank gemaak nie. Jahweh as ’n konvensie onder sogenaamde Ou Testament kundiges is dus duidelik maar net nog ’n hartseer bewys oor hoe erg Protestante hulself in hul geloof en ongeloof probeer uitsonder. Net God ken ons harte – geen mens ken eens hul eie nie. Daarom staan ek in genade ook nederig teenoor enigeen wat God opreg as Jahweh of Jahowah dien en eer. Cornelius