Wie die liefde nie het nie ...

  • 21

Gaan reguit hel toe.

Geloof gaan nie oor streng reëls wat nagekom moet word nie, wat mag jy doen en wat nie. Dit gaan nie daaroor om mense te beskuldig en aan te kla nie - dan het jy nie die liefde nie.

Ja, sekere dinge mag jy nie doen nie, soos moor en steel. Maar selfs dan kan God vergewe, want hy kan sien dat dit soms nie anders kan nie. Maar jy wat die vinger na ander wys en beskuldig: Pasop!

Wees getroos, gay mens.

God vergewe jou nie net omdat jy eenkeer 'n homoseksuele daad gepleeg het en om vergiffenis vra nie, hy vergewe jou dat jy homoseksueel is. Want jy aanbid hom soos die kind wat jy is, soos wat ons almal is. Dít is liefde, die liefde van God.

Groete,

Sondaar II

  • 21

Kommentaar

  • Dag Sondaar 11. Kan jy bietjie meer duidelik wees, soos aanhaal wat die Bybel oor homseksualiste sê en dan jou stelling daarop baseer?

    Duitswester

  • CorneliusHenn

    Duitswester, met alle liefde deel ek 'n antwoord wat ek heel onlangs ook aan die grote bose Kobus de Klerk gedeel het ... wat Jesus Christus onse HERE se gesprek met homoseksuele betref; die veroordeling van die owerspelige vrou deur die geskubde spirituele intelligentes (Johannes 8) en Jesus Christus onse HERE se skrif op die grond aan haar, sal dieselfde wees ten opsigte van elke ander sondaar op aarde... en die gedurige terugval van ons sondaars in sonde?... wel Duitswester, ek wil jou nie versoek nie maar nes ek aan Kobus gevra het, deel jy dan jou kennis omtrent die genade wat ons het om die vlees te laat vergaan om in die gees te kan saai... (soos Kobus seker kan beaam; mooi was nog nooit lelik nie en 'n meisie in 'n bikini wat al haar groente eet - dankie Oester - sal enige man se vlees laat gloed).

  • Sondaar Twee,

    Ek haal van jou skrywe aan: "God vergewe jou nie net omdat jy eenkeer 'n homoseksuele daad gepleeg het en om vergiffenis vra nie, hy vergewe jou dat jy homoseksueel is. Want jy aanbid hom soos die kind wat jy is, soos wat ons almal is. Dít is liefde, die liefde van God."

    Gee vir ons bietjie duidelikheid:

    Bedoel jy dat indien 'n homoseksuele mens eenkeer 'n homoseksuele daad gepleeg het en om vergiffenis vra (die logiese aaname word gemaak dat daar 'n skuldgevoel is) hy deur God vergewe word? Indien wel, stem ek saam met jou alhoewel ek dink jy Geloof in hierdie geval saam met Genade moet lees. Want dit is deur God se Liefde en Genade dat ons gered is - deur die versoening wat Hy (God) bewerkstellig het in en deur Sy Enigste Seun, Jesus Christus ons Here, se verdienste aan die Kruis en Sy Opstanding. Daarom dat ons vergiffenis ontvang indien ons dit so aanvaar en bely (Geloof). Ons is almal sondaars en daarom kwalifiseer ons juis vir God se genade versoening in en deur Christus.

    Of

    Bedoel jy dat indien 'n homoseksuele sondig, hy om vergiffenis kan vra (en vergewe sal word deur God) maar dat hy dan ook kan voortgaan om homoseksuele dade te pleeg omdat hy God aanbid soos die kind wat hy is (homoseksuele?) en van God vergiffenis in elk geval sal ontvang - want dit is liefde? Indien wel, stem ek geheel en al, glad nie met jou saam nie. In sulke gevalle maak die sondaar (in die geval die homoseksueel) totaal misbruik van God se Liefde en gebruik God se Genade as dekmantel om aantehou sondig en dan net keer op keer vergiffenis vra!

    Waar Cornelius weereens die pot missit is dat Jesus die vrou wat owerspel gepleeg het Nie veroordeel het Nie maar dat sy vergiffenis ontvang het en Hy haar duidelik beveel het "Gaan en sondig nie meer nie" (m.a.w. moet nie weer gaan owerspel pleeg nie!). Het Jesus haar op haar sonde gewys? Ja! Het hy haar veroordeel ? Nee! Ons struikel almal en het almal God se liefde en genade nodig. Maar ons durf nie God se liefde en genade misbruik om ons erkende (en onerkende) wandade (sondes) te regverdig en dit dan net elke keer met vergiffenis (wat ons op God se "Liefde" basseer) toe te smeer nie. Nee-nee, ons bring (erken) dit (ons sondes) aan die lig, smeek om vergiffenis, sien daarvan af en volg Christus se voorbeeld van Liefde - juis uit en deur ons Liefde vir God!

    Vrede vir jou

    Dolf

  • CorneliusHenn

    Dolf,  

    Jou woernaal hierbo bevestig net weereens jou duiwelsbesetene aandrang op 'n vleeslike kondisionering in jul soort ware Christengeloof wyl jy die Heilige Gees se werking in elkeen van onse hart in 'n persoonlike verhouding met God verloën (nes dié van jul besete hoëpriester Kobus de Klerk).  

    Ek nooi jou en  al die ander geskubde spiritueel intelligentes om Matteus hoofstuk 23 te lees en daarna 1 Korintiërs 5 baie goed te bestudeer.  

    Dis hartvogtig om die een dwaling bo die ander uit te sonder ...  

    Blinde leiers, julle wat die muggie uitsif, maar die kameel insluk! Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, (spirituele intelligentes) want julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binnekant is dit vol roof en onmatigheid. Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker en die skottel skoon, sodat ook die buitekant daarvan skoon kan word.  Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid is. So lyk julle ook van buite vir die mense wel regverdig, maar van binne is julle vol geveinsdheid en ongeregtigheid. 

    Mag Jesus Christus onse HERE ons almal vergewe.  

    Cornelius

  • Dankie Cornelius. Ek wag egter ook vir Sondaar om die betrokke verse aan te haal en te verduidelik.

    Duitswester

  • Henry Oosthuizen

    LET OP Cornelius,

    Rom 6:1-6  Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.

    Philph 4:30  En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing.

  • Cornelius,
    Dit is vir my nogal moeilik om met jou ‘n gesprek (eintlik ‘n argument in jou geval) te voer, bloot omdat ek nie weet of jou skrywes (dis nou vandag) gegrond is op ‘n Christelike geloofs-oortuiging  (wat jy níe het nie) of vanuit jou beoefening? en aanvaarding van Hindoe-godsdiens, Moslem-godsdiens, Boedha-godsdiens, New-age godsdiens, of dies meer,nie.  Jy sien, daar is geen fondament onder jou nie en jy spring eenvoudig van die een godsdiens na die ander (of ‘n saamgeflansde mengelmoes daarvan) soos dit jou pas en waar jy mense moet “please”. Jy is ook dikwels gou om te “vergewe” (jy is darem so 'n vergewensgesinde mens, jy!) en dan ons, ware gelowige christene - wat juis Christus erken vir wie Hy is en Hom alleen dien (Die Ware Christelike Geloof) en die Woord van God erken as die enigste waarheid wat die enigste ware evangelie verkondig – uitkryt as fariseërs, duiwelsbesete en huigelaars. Hoe arrogant van ‘n “all roads lead to Rome” en “people pleaser” godsdiens aanhanger en verraaiier van God se versoeningsdaad in en deur Sy enigste Seun, Jesus Christus ons Here  –  die enigste Weg en Waarheid en Lewe deur wie niemand tot God nader behalwe deur Hom (Christus) nie!
    Daarmee tesame is jy ook flink (ironies net soos die Fariseërs) om vining na God se Woord te gryp (vreeslik selektief natuurlik) om ons, ware gelowige christene, daarmee te (probeer) "slaan" (onthou jy nie jou vriend, Jaco, se mislukte pogings nie!). Soms wonder ek wat jou ingevaar het! Jong, jy moet wegbly van die Hindoe en Boedha beeldjies en dies meer – jou kop raas geweldig!  As ek (en ander ware gelowige christene,) elke keer as jy ons adders, geskubde spiritueel intelligentes, en dies meer toesnou, moes skuldig voel daaroor sou ons daardeur tot ‘n val kom. Maar die teenoorgestelde is juis die waarheid – hoe meer jy ons sulke “name” toesnou en van ons verskil, hoe meer bevestig jy net die Waarheid van ons Geloof! Ons is IN Christus! Onthou jy nou?
    Maar dan is jy die een wat gedurigdeur “skip and jump” om die fondament van die Christelike geloof soos saamgevat in Joh. 3. Lees dit gerus (veral verse 16 tot 18) en laat weet asseblief onomwonde dat jy dít as die enigste waarheid en evangelie bely en ek is die eerste om jou nederig om verskoning op hierdie forum te vra en sal ek werklik jou skrywes ernstig opneem. Maar helaas, soos telke male tevore gaan jy weer galbraak en die onderwerp “sidestep” met een of ander insiglose argument oor die Woord van God wat jy in elk geval op selektiewe basis (of as deel van jou “mengelmoes kardoes” – godsdiens) as die waarheid erken!
    Sjoe! Ag nee man ou Cornelius! Kyk nou hoe laat jy my afwyk van die onderwerp! Net om my vorige skrywe se stelling te herhaal: Ja-ja ons is almal sondaars en nie een van is sonder sonde nie. Dit is juis deur ons erkentenis dat ons sondaars is en van God afhanklik is en Sy vergiffenis nodig het, wat ons vir Sy genade versoening in en deur Sy Enigste Seun Jesus Christus, kwalifiseer! Daarmee tesame ken God ons deur-en-deur en Hy weet dat ons dikwels weer-en-weer struikel op ons heiligmakingspad. Dit is júís daarom dat God se genade só ongelooflik groot is – Hy vergewe elke keer as ons in geloof na Hom toe gaan en ons sondes opreg bely. Dit is dan ook deur ons liefde vir Hom (God) wat ons ook juis probeer om nie weer te sondig nie en daarvan af te sien – en hierin staan die Heilige Gees ons dan ook altyd by! Al hoe minder ek en al hoe meer Hy (Christus) - so groei ons.
    Ons kan nie die verskoning gebruik “God sal vergewe” en só ons sondes regverdig en hardkoppig daarin volhard, nie! In só geval word daar misbruik gemaak van God se Liefde en Genade! Ons durf nie te argumenteer: “God weet mos ek is homoseksueel en beoefen homoseksuele dade (wat ek weet is verkeerd) maar dit is wie ek is en ek hoef nie daarvan af te sien nie want God sal vergewe omdat ek Hom dien as só ‘n kind”. Wat verhoed elke sondaar (ons neem aan gelowige sondaars) dan om in sy of haar sondes te volhard en dit dan só te regverdig! Dan kan argumente soos “maar ek hou van dwelms” of “ ek is nou maar eenmaal iemand wat gou kwaad word en in woede mense slaan” of “ek is nou maar eenmaal seksueel georiënteerd en hou daarvan om met soveel as moontlik verskillende meisies te slaap” of  “ek hou nou maar eenmaal van geld en sal enigiets doen om dit te vermeerder” of “ek hou van kuier en daarom drink ek te veel” of “pornografie is vir my lekker, jy weet ‘n man bly ‘n man” ens. en dan te beweer “maar God weet dit is wie ek is en Hy aanvaar my só en daarom hoef ek nie op te hou met my sondige dade nie – God is mos liefde en Hy vergewe”! NEE-NEE, ‘n Duisend maal NEE! In só geval verkul ons onsself en heg ons geen waarde aan Christus se verdienste aan die Kruis nie en is die Waarheid nie in ons nie!
    Vrede vir jou
    Dolf

  • Henry Oosthuizen

    Cornelius,

    Jy skryf aan Dolf  "Jou woernaal hierbo bevestig net weereens jou duiwelsbesetene aandrang op 'n vleeslike kondisionering in jul soort ware Christengeloof wyl jy die Heilige Gees se werking in elkeen van onse hart in 'n persoonlike verhouding met God verloën (nes dié van jul besete hoëpriester Kobus de Klerk). "

    Dit is interresant dat, sodra n' kind van die Here die waarheid hier praat, jy met alle mag en geweld die waarheid probeer onderdruk met jou gif.

    Henry

  • Sondaar??? Sondaar?? Gaan jy vorendag kom met 'n aanhaling of twee? Of  sit jy nou terug en grinnik oor al die reaksies op jou klippie in die bos? 

    Duitswester

  • CorneliusHenn

    Dolf, Henry en Kobus de Klerk (die bose drie-eenheid tans op die werf), jul anderhaat is iets afgryslik!  

    Hoekom skraap julle egskeiding, hoerery, dronkenskap, kwaadsprekery, gierigheid, ... en jul anderhaat van jul Sataniese klagstaat voor die Troon van God en verkla homoseksuele alleen?  

    Wat laat julle dink dat julle die splinter uit 'n ander se oog kan haal?  

    Besin liefs!  

    Julle nietige modderwesens het nie God in pag soos julle hier probeer voorgee nie ...  

    Mag Jesus Christus onse HERE ons almal vergewe.  

    Cornelius

  • Kobus de Klerk

    'n Mens voel eintlik verleë om die intensiteit van progressiewe menslike verval te aanskou soos wat ons moet aanskou hoe dit by die arme Kerneels manifesteer. Die arme skepsel is klaarblyklik werklik nie meer instaat tot enige sinvolle reaksie, nie ... wat nog te sê, besef waarmee hy besig, is.

    Ergste is, mens kan dit nie meer vermy, nie. Vroeër kon mens eenvoudig sy skakels vermy wanneer hy so walglik uithaak - 'n tydperk waarin vlees, taal en Woord deur sy kruipende besmetting bedreig, word.. Maar deesdae, met die nuwe formaat, is sy ongevraagde gemors ingevleg tussen ander mense se kommentaar, soos kanker wat deur die liggaam versprei. As mens die ander se kommentaar wil lees, tref die stank van sy verval jou onvermydelik.

  • Cornelius,

    Dit is skreiend en juis "afgryslik" hoe jy eenvoudig hardkoppig bly en die leuen van die wereld bly aanhang - dit terwyl jy deur Kobus, Henry, myself (en ander ware gelowige chistene) duidelik uitgewys word waar jy die pad byster raak en dwaashede kwytraak! Verder is jy defnitief moedswillig in jou skrywes en dit begin vir my na desperaatheid lyk - siende dat jy elke keer as insigloos, onbeduidend en vals uitgewys word.

    Kan jy nie lees nie? Lees Weer! Daar is geen plek in enigeen van ons (Henry, Kobus en myself) se skrywes (hier en elders) waar ons enigsins enige ander sonde uitskakel nie (sien asb. my laaste paragraaf van my skrywe hierbo) of onsself as sondeloos beskryf nie. Indie wel, wys ons waar asseblief! Maar jy kan nie - dit is maar net jou powere pogings om jou sinkende "gemengede" en "saamgeflansde" godsdiens ideologie bo water te hou - deur verdere leuens oor ons te uiter! Hoe pateties! Ons spreek nie net homoseksualiteit aan nie - maar dit is die onderwerp wat deur Sondaar Twee geopper is (nie ons nie!) en ons antwoord dit dienooreenkomstig.  

    Verder is daar in Kobus, Henry en my eie skrywes (hier en elders) uitnodigings en kommentaar van jou aangevra ten opsigte van direkte Woords (God se Woord - die Waarheid) verwante verwysings (Kyk en Lees weer hierbo en elders!), maar soos ek geskryf het, kom jy weereens vorendag met 'n "gebok-springery" om die onderwerpe te vermy (want jy weet jy gaan weer as leuenaar uitgewys word!) en kies eerder om ons as die "bose-drie eenheid" en as "haatlik" uit te kryt - hoe lagwekkend!. Jou insigloosheid en desperaatheid het nuwe laagtes bereik!  Dit is amusant hoe jy die onderwerp nie aanspreek nie maar eerder ons aanval! Antwoord die vrae man!

    Dit is Nie dat ons enigsins dink ons het God in pag Nie. Nee-nee, man - ons is broers IN Christus! - wat verstaan jy nie? Christus se verdienste is vir almal wat Hom as God se Enigste Seun erken en as Saligmaker en Verlosser bely - dienooreenkomstig die Waarheid (die Woord van God) - dit is die Enigste Ware Evangelie!

    Dolf

  • Cornelius.

    Ek hou van jou nuwe benadering om hulle te moker met Bybel verse.  Dolf (aka Kobus) hou nie daarvan nie en beskuldig jou van selektiewe kwoteering.  Hy vergeet dit is juis wat hy gedurig self doen.  Dan weer, indien verskillende benaderings tot dieselfde onderwerp vanuit die Bybel gestaaf kan word, wys dit nie weereens, die Bybel kan ook met 'n gesplete tong praat nie?

    Jaco Fourie

  • Henry Oosthuizen

    Cornelius,

    Om een of ander rede glo jy dat alle mense  op die een of ander pad is na saligheid en dat Jesus Christus die mense sal aanneem wanneer hulle voor Hom gaan verskyn.Kom ek verduidelik: Daar is net twee paaie wat gestap kan word.Die een is die breë weg en baie sal die weg volg, die ander pad is die nou weg en min sal daardeur ingaan.n’ Mens kan nie met die een been op die breë weg en met die ander been op die nou weg wandel nie. Jy is of bekeerd en dra jy vrugte wat by bekering pas of nie. Jy Kan nie die koninkryk van Satan  en ook die Koningkryk van God tegelyktydig dien nie.Punt. Die woord van God is duidelik daaroor en kan ek baie gedeeltes aanhaal wat dit bevestig.Nou kom Sondaar 2  met sy stelling: (God vergewe jou nie net omdat jy eenkeer 'n homoseksuele daad gepleeg het en om vergiffenis vra nie, hy vergewe jou dat jy homoseksueel is. Want jy aanbid hom soos die kind wat jy is, soos wat ons almal is. Dít is liefde, die liefde van God.)Cornelius, en dan kom jy en klap sondaar 2 op sy skouer en sê “reg so ou maat, gaan so voort, dis als in die haak”, en streel jy hulle ore net wat hulle wil hoor. As Christene dan so n’ persoon wil reghelp (en dit wil hulle nie hoor nie), soos wat ek,Dolf of Kobus  hier doen, dan vloek jy ons tot in die hel in.Jy met jou valse godsdiens ly hierdie mense reguit hel toe en sal hulle bloed van jou ge-eis word, en dit omdat jy versuim om hulle reg te help en die waarheid te spreek.

    Dink jy vir enige oomblik dat God sy Woord gaan verander om by ons sondaars te pas. NEE NEE NEE CORNELIUS!    

  • CorneliusHenn

    Tot eer in vrees dien Dolf sy bose hoëpriester -  die ou grote Kobus de Klerk - deur Kobus se geskubde spirituele drogma met skaarste verwerking in sy woernale te spoeg en plak en siedaar; die poorte na Kobus se sinistere hool val oop (soos in ware gatkruip)!

  • CorneliusHenn

    Jaco,  

    Die selektiewe aanhaal uit Heilige Skrifte is 'n millennia oue strategie deur onderdrukkers.  Veronderstelde teenstelling in Heilige Skrifte is gewoon ons eie wanbegrip.  

    Die term "heksejag" het tot 'n selfstandige betekenis in gerigte ideologiese kersten gekom.  Liewe Heksie het toe darem op 'n manier verligting vir hekse gebring.  

    Mofiemokering is duidelik vandag se strategie om ware Christengelowiges in hul stryd saam te snoer.  

    Geldgierigheid (die rede hoekom die ou grote Kobus byvoorbeeld van die rol vir eerbare prokureurs geskraap is) en dinge soos egskeiding word nie deur skynheilige spiritueel intelligentes met dieselfde toorn as homoseksualiteit vermaan nie.  

    Soos menigmaal voorheen wil ek in my eenvoud weer noem dat ek respek vir enigeen se verhouding (in hul geloof of ongeloof) met ons Almagtige Lewende Skepper het.  Net God kan geloof in ons harte bewerk.  

    Ek het ook vrede met ander se leefstyle (ja, wie is ek eintlik tog) - solank dit nie onskuldiges raak nie.  

    Hierin is Kobus de Klerk en sy nes vol geskubde spiritueel intelligentes egter wel skuldig; naamlik dat hulle ander se werklikheid hoon en neerhaal. Hulle huiwer nie eens om die wat hulle nie eer nie, se geliefdes te beledig nie.  

    Maar, anders as Kobus en sy huiskerkbende is ek baie bewus van die balk in my oog en daarom bid ek dat Jesus Christus onse HERE ons almal vergewe.  

    Namaste!  

    Cornelius

  • CorneliusHenn

    Ja Henry, ek glo dat ons Almagtige Lewende Skepper elke mens op aarde se hare op hul kop getel het. Elke mens op aarde - gebore of ongebore - is kosbaar. Ons is almal by verskillende mylpale op ons weg. God is trou en sal elke opregte hart versorg (nes die inwoners van Nineve). Net God kan geloof in ons harte bewerk. Jul spirituele intelligensie is nes die Fariseërs en skrifgeleerdes se ywer 'n gesaai in die vlees - jul brandpunt is die sonde en kruis van die vlees - jul verlossing 'n gekondisioneerde (gebreinspoelde) ware Christengelowigheid - daardie brein raak nes jul hoëpriester versteurd en keer terug tot stof - bid sodat jy in die Gees kan maai.

  • Jaco,

    Hier is jy nou eers! – ek het gewonder wanneer jy tot jou mater, ou Cornelius, se ondersteuning (natuurlik verder af in die afgrond in) gaan kom. Dit is ironies hoe jy (‘n erkende atëis), Cornelius (‘n uitgewysde leuenaar en Gods Woord verdraaier en versteller) ondersteun in sy dwaalleer van die Woord van God. Julle ondersteuning van mekaar se sieninge is net bevestiging dat julle kop in een mus is.

    Eerstens is ons (Kobus, Henry en myself) se kwoterings nie selektief nie – dit spreek die onderwerp aan en díe verwysings word aangehaal en verduidelik (Ja-ja ek weet jy verstaan nie, maar ek moet êrens begin – so wees geduldig) uit die Woord van God , om juis ou Cornelius en ander (jou ingesluit) se misopvattings, wan-interpritasies en dwaalleer, uit te wys en hok te slaan!

    Tweedens, vergeet jy gerieflikheidshalwe dat ou Cornelius (wie jy so danig aanmoedig om ons te “moker” – haha), ‘n “mengelmoes-kardoes” godsdiens aanhanger is en alle (enige) godsdienste ondersteun en aanhang. Omdat hy (en natuurlik jy) geen vaste fondament het nie, lig hy dan vanuit hierdie - sy “all roads lead to Rome” godsdiens ideologie raamwerk - sy mistastende, dwalende opinies. Daarom is dit logies en duidelik dat hy juis met ‘n gesplete tong sulke twak kwytraak soos wat hy wel doen.  Daarmee tesaam, is die feit  dat jy hom so gewillig aanmoedig en ondersteun, ook verdere bevestiging dat jy self ook aan die gesplete tong sindroom ly (maar díe het jy al self keer op keer bewys). Jy sien, daar is geen Waarheid in julle nie en daarom ag ek, Kobus en Henry (en ander ware gelowiges) julle skrywes as leeg en van alle Waarheid ontneem!

    Verder is die benaderings van Kobus, Henry en myself (en ander ware christen gelowiges) uit die Woord van God geensins verskillend nie – die eenheid en waarheid ín Christus wat duidelik uit ons elkeen se skrywes blyk, is net ‘n bevestiging van die leiding en krag van die Heilige Gees in elk van ons! Nie uit onsself nie maar uit die genade van God alleen!

    Dit is ook werklik verblydend dat jy vir Kobus en my as een mens sien en dat ou Cornelius op sy beurt Henry, Kobus en myself ook 'n eenheid noem - wys jou net weereens ons eenheid as broers in Christus!

    Cornelius

    Jy babbel maar sonder enige klank! Jy het nog steeds nie die vrae aan jou gestel (deur Kobus, Henry en myself) aangespreek nie, maar kies WEER (soos ek al twee keer hierbo aangedui het jy sal doen) om jou insigloosheid met desperaatheid op te volg en nog beledigings kwyt te raak.

    Dolf.

  • Cornelius,

    Jy praat gedurigdeur van vergiffenis wat jy almal toebid maar dan bring jy elke keer Kobus se skraping (wat laaank al hom deur God vergewe is - Kobus het God se versoening in en deur Christus aanvaar en bely dit ook duidelik) op - nogal interessant dat jy dit ook elke keer doen as jou leuens en dwaalleer blootgestel word! Jy, jouself kan nie vergewe nie, maar verwag vergiffenis!

    Verder is jy gou om ons (Kobus, Henry en myself) uit te kryt en te vervloek omdat ons klaarblyklik mense beledig (eintlik spreek ons mistasting en sonde, as ware gelowige christene, direk aan! - maar dit daar gelaat) en dan gaan jy net eenvoudig aan om ons ook te beledig. Jou geplete tong is tog so duidelik.

    En laastens bewys jy weer jou dwaalleer uit deur jou opmerking "Ek het ook vrede met ander se leefstyle (ja, wie is ek eintlik tog) - solank dit nie onskuldiges raak nie." - Jy sal dus jou broer (oor wie jy so begaan is en vir wie jy bid) sien struikel in sonde maar weier om hom in liefde tereg te wys en reg te help in sy dwaling? Dus, ek kan maar 'n dronkaard wees solank ek net alleen by die huis suip? of ek kan maar pornografie bekyk en verslaaf daaraan wees solank ek dit net in my binnekamer doen? of ek kan maar rondslaap as seksueel verslaafde solank die meisies net alleenlopend is? of ek kan maar 'n ateis wees ek moet net nie stoute dinge doen nie? of ek kan maar afgode dien solank ek niemand anders om my beinvloed nie? Hoe ongelooflik dwaas is dit nie! Jy is 'n leuenaar wat dwaallleer beoefen en dit op bose wyse ten toon stel! Jesus Christus se verdienste aan die Kruis en Sy opstanding het vir jou (en sulkes soos jy) Geen betekenis nie en jy veraai Hom openlik!

    Dolf

  • Kobus de Klerk

    Henry,

    Cornelius ploeg al weer met die Naam van God vir sy eie doeleindes.

    Eerstens maak hy dit dikwels baie duidelik dat hy sy eie ‘waarheid’ in sy hart dra en dat ander dit so moet respekteer – net hierbo noem hy dit weer ‘ander se werklikheid’, só asof daar meer as een werklikheid ten aansien van dieselfde feit bestaan. Dus, hy verwys nie na die Waarheid van God, die universele Waarheid, nie, maar na sy eie ‘waarheid’, wat dan eintlik ’n bedrogspul, ’n leuen, is. Die leuen geniet vir hom selfs voorrang bo God se universele Waarheid, en hy wil selfs soms voorgee asof dit God is wat hierdie teenstrydighede in mense se harte teweeg bring - so asof God mense met verskillende 'werklikhede' om die bos sal probeer lei - uit en uit die satan se werk. So laster hy skromeloos teen God - hierdie dinge kom van tyd tot tyd na vore wanneer hy bietjie detail daaromtrent gee – daardie sinkretistiese religie wat hy onder die HERE se Naam aanhang (dit wil sê, hy misbruik die HERE se Naam om aan sy eie versinsels legitimiteit te probeer gee).

    Dus, wanneer Cornelius uit die Bybel begin aanhaal, doen hy dit nie uit respek vir en tot eer van, die ware God van die Woord, nie, maar in die naam van sy eie versinsel, sy eie afgod wat hy vir homself geskep het, ’n afgod wat baie verdraagsaam en simpatiek staan teenoor sonde, nie die mens, nie, maar die mens se sonde en waarvoor hy selfs die HERE se Heilige Naam misbruik (só belaster hy natuurlik die HERE onophoudelik) – soveel só dat wanneer ware gelowiges met mense se sondes deel en mense daaroor uitwys, vaar Cornelius uit ons met allerlei name en noem ons duiwelbesetenes.

    Die valsheid wat hy voorstaan, is dus voor die hand liggend. Kyk wie sê hy hierbo aan Jaco – hy lieg en sê dat hy kwansuis baie bewus van die balk in sy eie oog? Waar doen hy dit? Inteendeel! Hy skel en vloek en vervloek almal - ons, die ware gelowiges - wie juis die Waarheid, waarmee die balke en splinters in almal se oë geïdentifiseer kan word, uitlig. Vir ons skel hy as duiwelbesetenes. Die leuenagtigheid en valsheid van hierdie Cornelius vent, is walglik. Ironies hoe hy ook ewe dramaties die Nineveërs van ouds as voorbeeld gebruik vir sy insiglose snert – die Nineveërs - geheel en al anders as wat hy voorstaan en doen - het baie beslis nie vir Jona, die profeet van God, as duiwelbesetene uitgeskel, nie, maar hulle het die Woord wat hy gebring het, geag en hulleself bekeer tot God. Verbasend hoe die vent Woordgedeeltes aanhaal en nie besef hoe dié aanhalings hom eenvoudig lynreg weerspreek, nie. Hy gee ook nie om nie, want dit word telkens aan hom uitgewys. Hy is in daardie opsig presies soos Jaco die ateïs al hou hy homself as ‘gelowige’ uit.

    Nou moet ek ook vir jou sê, hy geniet die aandag wat hy kry, hoe negatief ook al, terdeë, omdat dit vir hom in die eerste plek, oor homself, gaan. Daarom word hy word deur agnostici, soos Jaco nou weer in die laaste tyd doen, aangehits om sy lasterlike dwalings en skellery te laat manifesteer. Cornelius geniet dit, want hy sal énige geleentheid aangryp om aandag op homself te probeer vestig, hoe negatief dit nou ook al is.

    Die agnostici geniet dit ook, want hulle geniet uiteraard alles en almal wat God se Naam misbruik en belaster en teen ware gelowiges te velde trek en dit is juis daarom dat hulle Cornelius soms aanhits - 'n misplaaste 'kompliment' aan Cornelius, is al wat nodig is.  

    Cornelius dien as voorbeeld vir hoe mense wat die Goddelike Woord en Waarheid misbruik, in valsheid, leuenagtigheid en in walglike spirituele verval gaan. Tragies soos dit is. Hy dien ook as voorbeeld van die feit dat mense wat die HERE se Naam ydellik gebruik, soos hy, geensins Spirituele Intelligensie - die instrument as suiwer gawe van God waarmee ons geloof as ware gelowiges vir ons tot sinvolle en geseënde belewenis met God en SY Woord en SY Heilige Gees kan uitleef – daardeur kan bekom nie, maar, in teendeel, eerder al verder en vêrder van God verwyderd raak.

    Spirituele Intelligensie - die enigma vir alle agnostici. Hoe anders! Dit is juis daardie besondere gawe en bekwaamheid van die HERE, wat ons van hulle onderskei. Hoe meer hulle dit aanval, hoe meer lig hulle daardie feit vir ons uit!

    Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top