Wenners by die kykNET Silwerskermfees 2014

  • 0
Nicola Hanekom en Stian Bam

Die wenners van die kykNET Silwerskermfees is op Saterdagaand 30 Augustus 2014 by ’n glansgeleentheid in Kampsbaai bekendgemaak. Die komediante Anne Hirsch en Francois Toerien, wat die gashere vir die aand was, het die gehoor laat skaterlag met hul weergawe van ’n Afrikaanse Oscars.

Karen Meiring, MNET: Direkteur van Afrikaanse kanale, het tydens haar toespraak kykNET se 15de verjaardagvieringe afgeskop met ’n terugblik op die geskiedenis van kykNET.

Die toekennings is hierdie jaar in twee afdelings verdeel. In die eerste afdeling kom die volledige aanbod van Afrikaanse filmvrystellings vanaf 1 September 2013–31 Augustus 2014 in aanmerking vir die Jaarlikse Nasionale Silwerskermtoekennings. In die tweede afdeling is die films wat by die fees geloots is, asook die kortfilmkategorieë. Die kortfilms word gedurende die fees deur ’n paneel beoordeel terwyl die feesgangers vir die beste feesfilms gestem het. Die nominasies is op Saterdag 30 Augustus 2014 bekendgemaak en sluit kategorieë in vir Beste kortfilm, Beste Feesfilm asook Kykerskeuses.

 

 

Die wenners was:

KORTFILMS

Beste kortfilm

Vuil wasgoed

Kortfilm: regisseur

Travis Taute & Nosipho Dumisa  - Nommer 37

Kortfilm: akteur

Stian Bam: Trippie

Kortfilm: aktrise

Nicola Hanekom: Trippie

Kortfilm: teks

Daryne Joshua: Nommer 37

Spesiale benoeming: nuwe ikoon

Albert Pretorius

SPEELFILMS

Beste film

Die windpomp

Regisseur

Etienne Fourie: Die windpomp

Vroulike byspeler

Marga van Rooi: Die windpomp

Manlike byspeler

Marius Weyers: Pad na jou hart

Akteur

Louw Venter: Konfetti

Aktrise

Anna-Mart van der Merwe

Stuur groete aan Mannetjies Roux

Oorspronklike musiek

Johnny de Ridder: Die windpomp

Teks

Etienne Fourie: Die windpomp

Redigering

Dwaine Fario Carrao (Pad na jou hart)

Beste film nie in Afrikaans nie

Forgotten kingdom

SPEELFILMS BY FEES

Kennerkeuse

Hollywood in my huis

Gehoorgunsteling
Hollywood in my huis

Gehoorgunsteling: aktrise
Christia Visser (Hollywood in my huis)

Gehoorgunsteling: akteur
Deandre Reiners (Seun)

Karen Meiring saam met die span van Nommer 37

 Foto's: Robert A Hamblin 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top