Dit was Oester se response op Reusedwerg se brief “Nog Volksmoorde”. Sy gesonde raad was om ’n geleentheid in elke negatiewe, swak en dreigende situasie te soek vir eie gewin om jouself daardeur te verryk. Wat was, was, en kan daar niks aan gedoen word nie. ’n Steriele gejaag na wind indien om oor vorige foute en verliese gedurig te sanik, en oor te treur.
Hier op die Net het ons ’n handjievol skrywers wat dit hulle enkele taak gemaak het om tot vervelens toe te skrywe oor die onreg van die konsentrasiekampe. Hulle wil die Engelse oorlog weer van vooraf beveg. Die verandering in regime van Apartheid na Demokrasie wil hulle van vooraf bestry, en die Afrikaner “saamlopers” daarmee wil hulle vir ewig als volksverraaiers ettikeer. Die naamsverandering is nou ’n fait accompi maar hulle heul voorts asof daar nog iets daaraan gedoen kan word. Daar word deur hierdie Afrikaners beledigende kak oor mede Afrikaners geskrywe; dat hulle Zombies is, hulle word ook as slapgatte beskrywe en dat hulle hulle knie vir hul nuwe heersers buig omrede hulle niks omtrent die situasie kan doen nie. Hierdie einste skrywers wat ’n hoogwaardige houding teenoor hulle mede volksgenote inneem, kritiseer hulle aanhoudend sonder om self enige aanvaarbare oplossing aan te bied nie.
Daar word geskryf dat Afrikaans en die Afrikaner sal nie kan voortbestaan sonder ’n eie grondgebied nie, dat Afrikaans word vervrot met Engels en dat die media, radio en TV daarvoor verantwoordelik is. ’n Amperse beserke aanval op Afrikaner-besighede wat nie hulle produkte in Afrikaans ook adverteer nie; ens. ens. Die mees patetiese stelling wat ek tot dusver op die Net gesien het, is ’n kneghouding van “dankie dat daar nog manne soos Dan Roodt is”, ’n Afrikaner wat homself as “vryheidsvegte” wil omskrywe, wat eerder in Engelse “snobhill” as tussen sy eie volksgenote wil woon. ’n Man wat niks daadwerkliks vir sy volksgenote kan bewys nie behalwe warm wind vanuit sy mond en pen. Terwyl mede Afrikaners op die grens gesneuwel het, na Parys gevlug om diensplig te ontduik. Hoe pateties!! En die betrokke person wil he dat die Afrikaner moet lepel gevoer word en deur Dan Roodt!!! Hy behoort sy kop te laat lees!!
Die feite is: Afrikaners maak aanpassings met die huidige omstandighede om te oorlewe, beide als indiwidue en terselfdetyd as Afrikaners. Afrikaans en die Afrikaner sal daadwerklik ondergaan indien hy homself nie by sy aanhoudende veranderende omstandighede kan aanpas nie.
Die taal verander soos wat ander tale vanaf Middeleeus tot die hede verander het. Die Engels van Shakespeare is vandag vir die modern Engelsman amper nie meer verstaanbaar nie. Bv. die woorde; thee, thy, hast, thou, begetest, ens. word glad nie meer gebruik nie. Die woord “let” wat voorheen nie toelaatbaar beteken het (Afrikaans = belet), het nou die teenoorgestelde betekenins van toelaatbaar geword. Dieselfde is in die proses om met Afrikaans te gebeur. Net soos wat die verandering in die taal geensins aan die karakter van die Engelsman verander het nie, so ook dieselfde met die Afrikaner. Hierdie “nitpicking” oor woorde of Engelse gebruike in Afrikaans, is geensins tot stigting van beide die taal en die Afrikaner nie. Die Afrikaner het vandag nie wetgewing, soos in die verlede, nodig om sy voortbestaan te verskans nie. Dieselfde geld vir Tamil en Gurjarat, die tale van die Indiese volke hier in S.A. wat nooit ooit als amptelike tale erken was nie, tog steeds vandag onderling met hulle in gebruik bly.
Afrikaners is al hoe meer sigbaarwordend in die sakewereld, op die sportvelde en sy bydraes tot die nuwe SA. Al hoe meer Afrikaners maak dik geld, baie van hulle meer als voor 1994. Die verliese aan werk op die myne, in die openbare sector, banke en in winkels (voorheen deur wetgewing vir die Afrikaner verskans), het die Afrikaner genoodsaak om entrepreneurs te word, en die doen hulle heel suksesvol. Neem ’n boot vanaf die Barrage op die Vaalrivier tot anderkant Vereeniging, en sien die prag paleise van biljoeners in ’n ry langs die rivier, 90% Afrikaner besetting. Kyk net na jou rykmansgebiede in Pretoria! Hulle beslaan meer grondgebied as jou Danville en Wes Pretoriaanse voorstede waar werkersklas Afrikaners woon. Die werklose Afrikaner, persentasiegewys, bly steeds skrander vergeleke met die van die bevoorregte rasse van hierdie land. In Vanderbijlpark waar ek woon als voorbeeld. Duisende Afrikaner werkers is sedert 1994 van Mittal (voorheen YSKOR) afgedank of op vroer pension geplaas. Meeste van hulle vandag is onafhanklike entrepreneurs met hulle eie besighede, wat kontrakwerk aan Mittal verskaf, met meer inkomste en materiele luuksheid as voorheen.
Neewat. Die Afrikaner en sy taal se toekoms is vir my ooglopend heel rooskleurig vir die voorsienbare toekoms, selfs sonder eie grondgebied en sonder enige wetlike verskansing.
Jaco Fourie


Kommentaar
Ag toggie Jaco. Waar val jy nou weer uit. Sienende blind en horende doof. Mense wat 'n trots in hulle het laat nie met hulle mors nie man. In die nuwe Suid-Afrika word met ons taal gemors en ons kultuur word geminag. Jou ruggraat is maar sag jong en jou voete dans lekker saam met die gespuis.
Het jy gehoor wat Dlamini Zuma die ander dag (Kohesie het hulle dit genoem) te sê gehad het? Toe Corné Mulder pleit vir minderheidsregte toe reken sy, by implikasie, die minderhede moet maar in hulle moer gaan en moet integreer met die meerderheid. Sou sy weet wat die woordjie "respek" teenoor andere beteken? Sy parasiteer lekker op die oorblyfsels wat ons voorgeslagte opgebou het, maar besig is om onder haar dansende voete te disintegreer. Het jy oë om te sien en ore om te hoor vriend?
Die nuwe Suid-Afrika stel geweldige eise aan ons en niemand gaan oorleef as hy/sy nie die durf, waagmoed en deursettingsvermoë van die Afrikaner het nie. ID du Plessis het geskryf;
Nee, soet is die stryd vir die stryer,
Al moet hy uiteind’lik verloor –
Maar die man wat sy deelname weier,
Is die man wat sy nasie vermoor.
Bietjie driftig, maar steeds erg knap gestel. Ek is net oor die woord "let" bietjie besorgd. Daarsonder klink toilet soos die moderne SA-volksdanse.
Groete
Duitswester
Beste Duitswester
Soos gewoonlik skep jou pittighede die benodigde humor hier op die Net. Ek sou eerder gesê het dat toilet sonder die "let" eerder na "toi toi" dws swart volkspele geheet het.
Jaco Fourie
Koos Smit
Ek vra jou. Wat is jou deelname? Wat is jou oplossing? Indien jy geweet het hoe om te lees, sou jy lankal agtergekom het my beswaar is nie teen die Afrikaner nie, maar wel met Afrikaners soos jouself wat gedurig sanik oor aspekte wat Afrikaners negatief raak, sonder om enige positiewe voorstelle ter tafel te lê nie. Sanik oor die verlede en oor huidige dinge waaroor die Afrikaner geen beheer oor het nie. Ouens wat die Afrikaner weens hierdie onvermoë gedurig afkraak, weereens sonder enige oplosbare voorstelle aan hulle kant nie.
My deelname? Soos tot vervelens toe hier geskryf oor hierdie einste herhaalde vraag, deur ander ook gevra. Ek ondersteun heelhartig AfriForum, 'n Afrikanerorganisasie wat met bewese DADE vir die Afrikaner optree, vergeleke met gekkegrensers wat net PRAAT, PRAAT en tot die nimmereinde net PRAAT nie. Ek ondersteun hulle met geldelike bydraes en het myself bereid verklaar om tot hulle beskikiking te wees indien hulle my sodanige nodig het. Ek huldig 'n positiewe uitkyk en benadering oor die Afrikaner se toekoms in 'n staat wat hom vyandiggesind is, in teenstelling met die voortdurende swartgallige steriele benadering van die gekkegrens.
Dieselfde vrae wat ek op my beurt aan jou terugvra, was nog nie eenkeer deur ander terugbeantwoord nie. Nuuskierig om te sien waar jy staan, of is jy soos Dan Roodt ook maar net 'n windlawaai, en ook of jy my vrae gaan be-antwoord.
Jaco Fourie