Voorgee

  • 0

Francois Hougaard

1.
Oefenfoto op die rugbyveld: swart stoppelbaard,
gespierde bolyf, linkerboarm macho getatoeëer,
die kaal bolyf sonbruin en onbehaard;
uit die stywe oefenbroek kruip geen donker jakobsleer –

bal eierrond in beide hande: gaan hy in dié breukdeel
skop, aangee, lóóp? keps wat ’n skadu oor bruin oë werp –
en soos dié van ’n jong hond gretig na speel:
die pienk tong vir ’n laagvat of afskop opgeskerp.

2.
O skrumskakel, laat my smak-
kend ’n soen plak op beide jou rooi-
kopertepels, of laer af van naby
jou haarlose naeltjie beskou.

Foto © BigBlueCowboy

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top