Geskryf vir: Straatligkinders
Moenie vrees nie vriend...
Die son skyn more weer
Voel jy opgebruik?
Voel jy dalk weg gesmyt?
Wel ek het nou raad vir jou
Kry vir jou ? nuwe persoonlikheid, ? splinter nuwe mens
Beter as die verlore een, beter as die vorige een
Jy kan wees wie jy nog nooit kon wees, altyd geskuil in jou vrees
Gaan net waarheen jy wil gaan, volg jou hart onder die helder maan
Gebruik die kans en staan nou uit, wees ? skerp lig wat skyn
So genees jy al jou skete, so vergeet jy van die haat en pyn
So verlos jy jouself van die verlede
Moenie nou bang wees nie, vat my hand en stap saam my
Die pad wat jou na ? nuwe lewe lei
Veg vir wat jy wil hê, staan op en sê jou sê
Vergeet van al jou sinnelose foute, vergifnis kom van binne af
Skei jouself van jou onverdiende straf
Vir almal wat in die donker sit
Daar is hoop

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

