Sanlam | LitNet-poësieslypskool
Aangebied deur Sanlam, in samewerking met LitNet
Skryf jy gedigte en wil jy graag jou talent verder ontwikkel? Wil jy jou poësie slyp om dit vir publikasie gereed te kry? Kom skaaf saam met Lina Spies, Ronel Foster, Danie Marais en Nini Bennett aan jou gedigte. Om deel te neem, kontak LitNet voor 11 Februarie 2015 by skryfskool@litnet.co.za, beperkte sitplekke.
As jy 'n gedig het wat jy saam met jou inskrywing wil stuur, is jy welkom. Dis nie 'n vereiste om in te skryf nie, maar as die tyd dit toelaat, sal sommige van die aanbieders die werk moontlik by die slypskool bespreek.
7 Maart 09:00| Protea Hotel Tegnopark | 420min | R500 (middagete ingesluit)
Hier is die volledige program van US Woordfees 2015.


