Universiteit van Johannesburg-pryse vir skeppende skryfwerk: Kortlyste vir 2012

  • 0

Die Universiteit van Johannesburg  het in 2000 twee pryse vir Skeppende Skryfwerk in Afrikaans ingestel, naamlik die UJ-prys vir die beste skeppende werk in Afrikaans en die UJ-prys vir die beste skeppende debuutwerk in Afrikaans. 59 inskrywings vir werke wat in 2012 verskyn het, is ontvang. Hier is die kortlyste:

Kortlys vir die UJ-prys vir die beste skeppende werk in Afrikaans

1. Philida deur André P Brink
2. Onse Vaders deur Karin Brynard
3. Vaarwel, my effens bevlekte held deur Johann de Lange
4. Om die gedagte van geel deur Petra Muller
5. Die aanspraak van lewende wesens deur Ingrid Winterbach

Kortlys vir die UJ-prys vir die beste skeppende debuutwerk in Afrikaans

1. Bloedfamilie deur MS Burger
2. Die twee lewens van Dieter Ondracek deur André Krüger
3. In die skadu van soveel bome deur Hennie Nortjé

Die keurpaneel het bestaan uit:
Henriëtte Roos (Unisa)
Thys Human (NWU)
Ronél Johl (UJ)
Jac Conradie (UJ)
Janien Linde (UJ)
Frederick Botha (UJ)
Karin Cattell (US)
Jo Prins (Boeke24)
Christelle Webb-Joubert (RSG)

Die wenners sal op die 1ste Oktober aangekondig word en die oorhandiging van die pryse vind op 10 Oktober 2013 by die Universiteit van Johannesburg plaas.  

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top