te taal vir woorde

  • 0

te taal vir woorde

in hierdie moertaal van ons
is al die lyding van geboorte
en al die tyding van polsende lewe
plus die voleinding van afsterwe,
akkuraat ingeskrywe:

hiërogliewe teen die mure
van jong polsende harte,

strofes in die sappige taaiheid
van bejaardes se stugge grysstof;

in hierdie Germaanse taal uit Afrika
ets die beeldskoonste liefdesverhale
van stoere nomadiese landbouers,

soekende siele ~ vry soos pluimsaad
in ’n warm westewind...

Klik hier vir nog besonderhede oor die kompetisie

Lees die ander inskrywings

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top