SuperReeve

  • 0

Superfiks, superheld, superman
oortreffend, adret.
Clark Kent van Krypton red
Lois Lane.
In 'n oogwink terug
as die bebrilde nerd.

'n Ongeluk glo slinkser
as 'n oogknip: sy stem
suidend deur die suurstofklep.
Kriptiese boodskappe
vanuit sy supersoniese rytuig.
Metaalsware Pegasus.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top