Sterrekunde

  • 1

 

 

Beste Panda

Baie dankie vir jou interessante bydraes oor die Sterrekunde in die algemeen.  Elke keer as ek jou bydaes lees,  staan ek verwonderd oor die enormiteit van die skepping.  Baie van die feite oor die onderwerp is ver bo my begripsvermoe,  maar ek vind dit nietemin interessant en baie leersaam.

My een kleinseun stel baie belang in die onderwerp as ’n stokperdjie.  Kan jy miskien vir my ’n aanduiding gee watter teleskoop en handboeke hy moet aanskaf om ’n begin daarmee te maak.

Baie dankie

  • 1

Kommentaar

  • Beste Enjee,

    Dankie, vir jou kommentaar. Die heelal is enorm maar dit is nie só ingewikkeld nie. As jy eers sekere basies begrippe onder die knie het, sal baie dinge vir jou in mekaar val. Albert Einstein se aanhaling is reg bokant my rekenaar teen die muur op ’n  pragtige fotoplakkaat “ANATOMY OF THE UNIVERSE” Hy het gesê: “The most incomprehensible thing about the universe, is that it is comprehensible”

    Ek sal nie ’n teleskoop vir ’n begin aanbeveel nie. ’n Goeie nagverkyker wat op ’n ruimtespieël (“Sky Mirror”) gemonteer is en ’n sterre atlas soos Norton’s Star Atlas is die regte beginpunt. Norton’s Star Atlas gee nie net sterrekaarte nie maar daar is talle tabelle met gegewens en ook interessante beskrywings en verduidelikings van begrippe. Dis so goed soos ’n handboek! Van handboeke in Afrikaans kan jy maar vergeet.

    Jy kan die ruimtespieël bekyk by: http://www.backyard-astro.com/equipment/skywindow.html. en dit self bou en aanmekaarsit of een deur die internet bestel. Die moeilikheid met ’n verkyker is dat dit maar ’n bewerige besigheid is en ’n verkyker op ’n driepoot is baie ongemaklik en nie goed vir jou nek nie. Ek gebruik ’n 63mm x 10 verkyker. Die 63mm is die deursnit van die onderskeie primêre lense en die 10 is die vergroting. ’n Verkyker met 75mm lense sal 42 keer meer lig versamel en dan kan die vergroting verhoog word na sê 15 keer sonder dat kwaliteit van die beeld ingeboet word.  

    Groete
    Panda

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top