Sophia Loren

  • 0

(La Donne Del Fiume)

Sofia Villani Sccicolone
hoerkind uit Pozzuoli
steeds sizzling en sexy
met 'n Dior-bril
op 60 bekroon
as die mooiste vrou op aarde!
Gered deur Carlo Ponti
- bigamis - uit die slamse
is sy siedaar, vandaar
op die voorblad
en op almal se lippe
en soel drome.
"Alles wat jy sien,
te danke aan spaghetti!" bely sy.
Die lewe bly 'n prêt-à-porter
vir Sophia Loren.
"Kloning is sonde," meen die Aartsbiskop
van Genua,"... behalwe, behalwe
in die geval Loren!"
'n Kortstondige tronkbesoek
word 'n skoonheidsparade,
vergete die belastingontduiking.
Ons sing steeds saam
met Peter Sarstedt:
"So where do you go to my lovely
when you're alone in your bed?"

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top