Sing Help, help 'n bietjie daar! Afrikaans het nie kla-briewe nodig nie, Afrikaans het inligting nodig om ontslae te raak van onkunde en misteries oor Engels

  • 3

Menere, dames van die redaksie van Die Burger

Ek vra mooi, lees asseblief onderstaande knipsel uit u uitgawe vandag 5 Maart 2013 en tree verantwoordelik op teenoor die taal waaraan Die Burger sy bestaan te danke het. Jare het al verloop sedert Afrikaans sy rug styf gemaak het, en verenig in linie op parade gaan staan het onder vaandel van Die Afrikaanse Taalraad. Eerder as om nou nog die onkunde hieroor onder u lesers aan die kaak te stel, wil Die Burger nie maar liewer "Praat saam" met Die Afrikaanse Taalraad oor Afrikaans, Vriende van Afrikaans, asook almal wat Afrikaans praat en besonder hard werk om Afrikaans se belange konstruktief en vooruitstrewend te dien nie?

Met ander woorde ek vra mooi en stel voor dat Die Burger sommer 'n hele paar artikels doen oor van waar Afrikaans gekom het sedert al wat Afrikaanse organisasie 'n paar jaar gelede in Wellington saamgesit en saam gestaan het. Destydse redakteur van Die Burger, Henry Jeffreys was ook daar as spreker en dit lyk vir my die tyd is hier vir Die Burger om weer in aanraking te kom met waar Afrikaans hier en nou staan in 'n land waar agt ander tale ook gepraat word en sommige kerkleiers blykbaar eienaardig optree teenoor hulle Afrikaanssprekende kerkgangers. Verder stel ek voor sodanige artikels doen die ronde op ten minste Media 24 se e-netwerk indien nie ook in ink op papier nie, asook op LitNet wat vrae vra oor Afrikaans se stand.

Inligting oor Afrikaans se jongste taalstryd wat aanmoedigend is sal verseker help om Die Burger se lesers soos Koos Kotze in te lig en vir hulle riem onder die hart wees, sodat hulle vir die kerkleier van die tradisioneel Afrikaanse kerk luid te kan laat weet hulle kom terug wanneer daar in Afrikaans gesing word en uit die Afrikaanse kerk waar daar in Engels gesing moet word, uit te stap. Ek is seker die Vriende van Afrikaans asook Die Afrikaanse Taalraad sal Die Burger bystaan met jongste inligting nodig vir leersame en interessante artikels vir 'n dagblad waarvan lesers ook verwag dat dit byderwets moet wees om te kwalifiseer as dagblad.

Henk Seymore
5 Maart 2013

Dié gebruik van Engels bly ’n misterie - JC (Koos) Kotzé

  • 3

Kommentaar

  • Johannes Comestor

    Henk Seymore wend periodiek aanbevelingswaardige pogings aan om Afrikaans weer tot sy reg te laat kom. Ek hoop van harte sy optimisme is gegrond. Ek het al verskeie kere aan Afrikaanse koerante geskryf om hulle te motiveer om 'n veldtog te voer sodat Afrikaans die voertaal aan die twee nuwe universiteite sal wees. Daar is geen teken van 'n veldtog nie. Erger, ek het nog nie 'n enkele koerantberig gesien waarin voorbrand vir Afrikaans aan daardie universiteite gemaak word nie. Selfs teen die progressiewe afskaling van Afrikaans aan die Universiteit Stellenbosch word daar nog redaksioneel nog in die rubrieke kapsie gemaak.

    Johannes Comestor 

  • Die koerante luister na hul meesters, die adverteerders. En die wil Engels praat.

    Die universiteite luister na hul ondersteuners en borge. En die wil Engels praat.

     

    Terloops, die opskrif noem "misteries" Nou ek kon sweer daar is 'n Afrikaanse woord daarvoor. Maar nou-ja, as jy kla omdat Afrikaans ondergaan is dit seker geen rede om jou eie Afrikaans te verbeter nie.

     

    Sê maar net, soos gewoonlik

    Duitswester

     

     

  • Duitswester, jy praat nie heeltemal reg nie.  Die adverteerders wil hulle ware verkoop en as dit nodig sou wees om in Afrikaans te adverteer sal hulle dit doen.  Die gedweë gelate vuisvoos Afrikaner aanvaar maar die advertensies in Engels.  Die advertensies is dus in Engels omdat die Afrikaner gaan lê het.

    Die universiteite kan nie bestaan sonder betalende studente nie.  As die regering 'n klomp nie-betalende "Engelse" studente in die universiteite inprop is die universiteit dan natuurlik afhanklik van staatsubsidies.  Ek weet nie hoe oud jy is nie maar daar was, eens op 'n tyd, puik Afrikaanse universiteite gewees.

    Engels neem oor, nie omdat Engels so 'n magtige taal is nie (taal is 'n abstrakte ding, sy krag lê in sy sprekers) maar omdat die Afrikaner, wat veral taal betref, boedel oorgegee het.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top