Roos van Jou Mond: Die digkuns van Ingrid Jonker

  • 0

Niki Romijn voer Roos van Jou Mond van 19 tot 21 September om 20:00 by die Kalkbaai-teater op.

Roos van Jou Mond is Nederlandse kunstenaar Niki se bekroonde opvoering van die digkuns van Ingrid Jonker, begelei deur die basviolis Erik Robaard.

Niki is ongeveer twaalf jaar gelede meegesleur deur Ingrid Jonker se verhaalkuns. Haar diepe bewondering het gelei tot twee CD's en die teateropvoering  “Roos vanJou Mond” waarmee Niki drie jaar lank in Nederland getoer het.

In 2008 is Niki Romijn en Erik Robaard na Suid-Afrika genooi om by die Voorkamerfees in Darling op te tree. Vanjaar is dit die 80ste herdenking van Ingrid Jonker se geboortedag. Om hierdie gebeurtenis te gedenk, keer Niki en Erik terug na Suid-Afrika vir 'n spesiale huldetoer.

“Roos van jou Mond” is 'n musikale viering van 'n ikoniese Suid-Afrikaanse skrywer. Met Niki Romijn se gevoelvolle stem en geïnspireerde interpretasie word die gedigte van Ingrid Jonker selfs meer intens en aandoenlik. Deur haar persoonlike gedagtes met die gehoor te deel, verleen Niki 'n verdere dimensie aan die woorde.

Die Nederlandse media oor Niki Romijn: “… 'n Passievolle opvoering …   Dis onmoontlik om nie geraak te word … … Intiem en broos, maar nooit neerslagtig  … 'n Persoonlike dokument, dankbaar sy het dit met ons gedeel … Met Niki se helder stem ontroer die gedigte jou selfs meer ….”.

Niki Romijn in Die Burger, Augustus 2008: “… Met elke optrede ontdek ek nuwe strata in Jonker se werk. Dit verstom my dat sy so universeel en tydloos kon skryf… Ek is besiel deur die manier waarop Jonker een hele wêreld uit een paar woorde bou … Dis asof mens oor jouself lees. In optredes vergeet ek dikwels dat ek háár woorde sing en nie my eie nie. So na aan die lyf ervaar ek haar werk …”

Besoek www.nikiromijnzingtingridjonker.nl
www.nikiromijn.nl
 

Roos van Jou Mond sal van 19 tot 21 September om 20:00 by die Kalkbaai-teater opgevoer word. Deure open om 18:30 en sitplekke is ongereserveerd. Kaartjies kos R85 en kan bespreek word by www.kbt.co.za

Gaste kan Funki Chef se Maaltyd van die Dag voor of ná die opvoering geniet. Kontak Hannah by 072 7149559  /  funkichef@gmail.com vir besonderhede.

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top