Robinson Regstreeks: Verhoudings en seksualiteit

  • 0

Robinson  Regstreeks,  Woensdagaand, 15 Augustus, 21:00–21:30 op KykNet

Dis vrouemaand en om dit te vier, gesels ons oor ’n kwessie wat alle vroue raak – verhoudings en seksualiteit. Vrae oor die verskil in sienings oor seks tussen mans en vrouens, pornografie in verhoudings, trou of saambly en wat die belangrikste eienskappe in ’n verhouding is, is van die temas wat ons bespreek.

Ons gesels met die bekende sangeres Sonja Herholdt, wat deesdae ook motiveringspraatjies vir vroue hou, en dr Elna Rudolph, ’n mediese dokter en seksuoloog van Pretoria.

Sluit by ons  aan.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top