Radio Kalahari Orkes tree op by Die Boer in Durbanville

  • 0


Die Radio Kalahari Orkes tree op by Die Boer in Durbanville!

Die RKO sal op Sondag 12 Oktober om 13:30 weer hul Durbanville-ondersteuners met een van hul flambojante en uniek Suid-Afrikaanse vertonings by die Boer Restaurant Teater in Durbanville vermaak.

’n Mens hoor die snaaksste, maar ook die vreemdste en ongelooflikste stories in Radio Kalahari Orkes se liedjies. Hulle stel jou bekend aan plekke, tye en karakters wat jy sommer kan sien, selfs al kan jy hulle nie sien nie.

Kaartjies kos R130 en is beskikbaar by 021 979 1911 / 083 406 0111 of direk aanlyn by www.dieboer.com

Dis ’n rare gebeurtenis. Moet dit nie misloop nie!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top