Pierre Smith se Sing ’it-liedjie, "Die ouer ek", wen MK musiekvideo!

  • 0

Pierre Smith

Jou Sing ’it-liedjie is die meeste afgelaai – hoe voel dit vir jou as skrywer? 

Die hele ervaring het die meeste van die tyd vir my onwerklik gevoel. Het nooit kon dink dat ek sommer een middag 'n paar gedagtes oor die lewe sal neerpen en dat dit so 'n geleentheid sal skep nie. Ek vat definitief nie al die krediet vir die feit dat die song die meeste afgelaai was nie. Bouwer en Deon werk hard om in die kollig te bly van die musiekwêreld en die song is baie "catchy" geskryf! Wie sal dit nou nie verniet wil hê nie?

Neem ons terug na die begin – het jy die liedjie spesifiek vir Sing ’it geskryf en waar/hoe het jy aan die idee gekom en dit geskryf?

Ek sou eerder sê die kompetisie het my geïnspireer om weer te begin skryf. Skryf is iets wat ek baie lief voor is en ek het die kompetisie as 'n geleentheid gesien om daardie talent bietjie af te stof en weer te gebruik. 

Waaroor gaan "Die ouer ek"?

Dit gaan oor daardie plek in seker elke mens se lewe wat jy vasgevang voel tussen die foute en ervarings van die verlede wat jou gevorm het in wat jy vandag is, en die drome, ideale en verwagtings van wie jy gaan wees en wat jy gaan doen in die toekoms. 

As die mees afgelaaide liedjie gaan dit nou as 'n musiekvideo opgeneem word deur MK. Hoe sien jy die finale produk in jou geestesoog – wat gebeur in die video?

Jinne, ek dink dit is onmoontlik om enigsins in die kreatiewe breine van Bouwer en Deon te probeer insien wat gaan word van die video. Hulle snap definitief die betekenis van die song en sal met iets vorendag kom wat perfek gaan werk.

Jy het natuurlik ook die geleentheid om in die video te verskyn – enige nuus oor wat jy daarin gaan doen?

Geen idee wat voorlê nie. Ek gym maar hard ingeval hulle besluit om weer speedo's uit te ruk!

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top