om digter te word is om duisende dae aaneen
die liefde van jou lewe op ’n afstand te bemin
en dieselfde aantal nagte daarby
haar ontoereikende skoonheid te besing
en op ’n goeie dag met ’n bietjie geluk
sal sy jou lomp oë skalks vang
en jy haar lushof hartlik binnegaan
min wetende
sy’t ’n kuisheidsgordel in die mik

