Oggend in Jaipoer

  • 0

Vanoggend spring ’n apie stout
oor die marmeragtige hotelbalkon;
’n kleurvolle olifant stap langs sy mahout
en ’n kameel trek ’n skewe waentjie vol hout.
’n Ou man verkoop sy ware, gister en more.
Maar dis vandag wat my boei: die “santosh”
van ’n helder wintersdag soos Indiese brokaat of goud.
Ek ontken nou die armoede of ’n droë waterbron;
op die kameelwa lê daar immers genoeg brandhout.
Die oggendstond hier hét goud in sy mond
toe ’n vers plots hieruit ontspruit.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top