
Die fiets: Die tweede keurverslag deur Leti Kleyn
Hierdie skrywer het lekker gewoeker met die raad, en die verhaal sien nou BAIE beter daarna uit. Veral die dialoog moet nog aandag geniet, en die karakter van die ma. Haar karakter moet deurlopend afgetakel word tot die vernietigende niks wat sy word omdat sy deur pyn en verwyt en herinnering oorheers word. Dit sluit vir my aan by slot, waar sy uiteindelik ’n spreekbeurt kry en die leser iets van haar stryd ervaar. Die slot oortuig my egter nog nie, ek sal wil sien dat die half-jack op ’n effektiewe manier in die verhaal se slot bygewerk word as die breekpunte wat sy bereik, nie iets wat sy weet maar die ander karakters nie. Dit skrywer kan ook werk aan die spanning in die verhaal.
• Lees die tweede weergawe: "Die fiets"
• Lees die eerste weergawe van "Die fiets"
• Lees die eerste keurverslag oor "Die fiets"
• Terug na die lys Nuwe Stories-kortverhale: Tweede weergawe
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

