Nuwe acappella musiekblyspel, A Town Called Fokol Lutho

  • 0

Nuwe a cappella musiekblyspel by Kalkbaai-teater pas ná Nasionale Kunstefees-sukses

A Town Called Fokol Lutho, aangebied deur KBT Productions, bring vyf mans en en vyf hemelse, harmonieuse stemme saam in 'n klein Karoo-dorpie. Hier gaan niks aan nie en niemand is goed met enigiets nie, behalwe sang, en niemand behaal enige sukses op die liefdesfront nie. Of is daar meer?  Delf net 'n bietjie dieper en jy vind die verhaal van die eerste hartoorplanting, die skrumskakel-staanaangee en ongelooflike liefde (in 'n beker turksvysap) in hierdie nuwe musiekkomedie.

Die stuk is onder regie van Tara Notcutt (Three Little Pigs, Mafeking Road) en is geskryf en gekomponeer deur Jervis Pennington. Pennington (bekend as die hoofsanger in die popgroep The Soft Shoes) se musiekblyspel, Scribble, waarvoor hy twee Naledi-toekennings ontvang het, het in Suid-Afrika en na New York getoer.

Die uitmuntende rolverdeling bestaan uit Pennington met Carlo Daniels (Kat and The Kings), Moenier Adams (AfrikaapsRemember The Time, Let’s Mix It), Waasief Piekaan (Wrongly Accused, Vocal is Lekker,) en Jack the Bass, ook bekend as Nkosekhaya Mgoqi  (Imbube Singers). Musikale regie is deur Paul Morrissey, met ontwerp deurJuanita Ferreira en choreografie deur Cleo Notcutt.

By die Nasionale Kunstefees was Cue se kommentaar: “... Humorous, poetic a cappella ... Intriguing acting accompanied by melodic voices. A well-deserved standing ovation.” Megans Head het dit beskryf as ”quirky, funny, rude … performed by some delicious young Cape Town talent (and Jervis himself) ... it washed over me like laughing water”.

“Dit is 'n meesleurende, pittige verhaal van vyf wanaangepastes, wat nog nooit liefde kon vind nie. Tussen die verhale, gelag en pragtige harmonieë deur, sal jy teen die einde van die opvoering op almal van hulle verlief wees!” sê Simon Cooper, eienaar van die Kalkbaai-teater. “Dit is 'n opwindende nuwe a cappella-musiekblyspel, aangebied deur 'n baie talentvolle kreatiewe span.”

Ouderdom 13+ (taal en seksuele verwysings).

A Town Called Fokol Lutho sal van Woensdae tot Sondae, 12 Julie tot 10 Augustus by die Kalkbaai-teater opgevoer word. Deure open om 18:30 en die vertoning begin om 20:00.

Kaartjies kos R75 vir die vertoning alleenlik of R60 vir die beperkte Gallery-sitplekke op die boonste vlak. Besprekings kan gedoen word by www.kbt.co.za

Geniet Funki Chef se Meal of the Day voor of ná die vertoning. Kontak Hannah by 072 7149559 / funkichef@gmail.com vir besonderhede.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top