Nuut by NB-Uitgewers dié Augustus

  • 0

Nuut by NB-Uitgewers dié Augustus:

Wolwedans in die skemer , Die neus, Vuurwerke, Speurhond Willem in New York, Anna Atoom en die digitale draak en Een oplossing vir die lewe

Klik op ’n boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!


Uitgewer:

Tafelberg
ISBN:
9780624056126
e-ISBN:
9780624056133
Prys: R210

Wolwedans in die skemer
Leon van Nierop

Hierdie verhaal is ’n fenomeen wat oorspronklik die lig gesien het as radiovervolgverhaal (1979), toe ’n roman geword het (1983), daarna ’n televisie reeks (1985) – nou word dit uitgereik as rolprent, die eerste “Boere-noir” … en word dit ’n totaal nuwe, herverwerkte roman, met dieselfde geliefde karakters as destyds, maar geplaas in die hier en nou van hedendaagse Suid-Afrika. 

’n Heerlike, spannende storie wat lesers nie sal kan neersit nie.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Wolwedans in die skemer nou van Kalahari.net!


Uitgewer:

Human & Rousseau
ISBN:
9780798152969
e-ISBN:
9780798158251
Prys: R180

Die neus
Deborah Steinmair

’n Onderhoudende en verbeeldingryke speurroman, plek-plek skreeusnaaks. Die eksentrieke hoofkarakter, Agathe Gruber, het uitsonderlike psigiese opspoorgawes maar sy is menssku. Gelukkig word die charismatiese ekssanger Jesse haar bondgenoot. Met die hulp van Aga se mechanic-buurman, ’n rowwejack, begin hulle die raaisel rondom ’n moord in die verlede ontrafel. Die leidrade neem hulle van ’n klein Vrystaatse dorpie na Pretoria.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Die neus nou van Kalahari.net!

Uitgewer:
Human & Rousseau
ISBN:
9780798155403
Prys: R250

Vuurwerke
Jan Braai (Jan Scannell)

In Vuurwerke deel die bekende Jan Braai vir die eerste keer sy kennis van vuurmaak en vleis. Die boek bevat Jan se duidelike en deeglike instruksies vir die braai van alle soorte vleis – steak, lamstjops, sosaties, beesstert-potjie en meer. Sodra jy dit bemeester het, kan jy die braairibbetjie, lamsboud of spitbraai takel. Om nie te vergeet van die ou gunstelinge soos braaibroodjies, stywe pap, mielies en selfs ’n nagereg of twee nie. Bewys dat jy jou man kan staan met die perfekte braaivleis – dis by die vuur waar die koring van die kaf geskei word. Jan Braai wys jou hoe.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Vuurwerke nou van Kalahari.net!

Uitgewer:
Tafelberg
ISBN:
9780624055099
e-ISBN:
9780624055099
Prys: R110

Speurhond Willem in New York
Elizabeth Wasserman

Speurhond Willem en sy huismens Adriaan het in 2010 die eerste keer saam gaan reis: via Istanboel tot in Amsterdam, Parys en uiteindelik Londen. Daarna volg avonture op ’n passasierskip in die Indiese Oseaan, op ’n wildplaas in die Bosveld en via Kazakstan al die pad na die Internasionale Ruimtestasie.

In die vyfde boek in dié gewilde reeks moet Adriaan en Willem handsakhondjie Fifi gaan red, want sonder haar kan die Broadway-vertoning van Brenda, die bekende ster, nie voortgaan nie.

Klik hier en koop Speurhond Willem in New York nou van Kalahari.net!

Uitgewer:
Tafelberg
ISBN:
9780624054900
e-ISBN:
9780624054917
Prys: R110

Anna Atoom en die digitale draak
Elizabeth Wasserman

In dié derde en laaste boek in die reeks is daar twee identiese drake, gemaak uit die nuwe element Drakium. Die twee drake is kwantum-verstrik en sal ongekende onstabiliteit veroorsaak indien hulle min of meer gelyktydig in die magma (die vloeibare lawalaag van die aardkors) beland. Maar wie sit hieragter? Niemand anders as Uranus Draak nie!

Klik hier en koop Anna Atoom en die digitale draak nou by Kalahari.net!

Uitgewer:
Lux Verbi
ISBN:
9780796316592
e-ISBN:
9780796315854
Prys: R159.95

Een oplossing vir die lewe
Henry Cloud

Dr Phil McGraw sê oor hierdie boek: “Dr Cloud wys jou hoe om die resultate waarna jy soek in jou werk en by die huis te verkry.”

Dr Henry Cloud deel in Die een oplossing vir die lewe talle waardevolle strategieë vir ’n lewe met groter samehang en eenvoud ten opsigte van werk, gesin en geloof. Hierdie boek behandel die moeilike balans tussen werk en persoonlike lewe, wat soms in chaos eindig. Publishers Weeklynoem dit “A must-have life management Bible”. Ons noem dit Die een oplossing vir die lewe. Herwin jou persoonlike lewe en bereik meer sukses in die werkplek.

.

Klik hier en koop Een oplossing vir die lewe nou van Kalahari.net!

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top