Nuut by NB-Uitgewers dié Desember

  • 0

Nuut by NB-Uitgewers dié Desember:
Getuie , Katryn: Vrou van die Richtersveld, Mangaung: Kings and Kingmakers, Weg! Naweekkos, Hoopvol en Knolle, bolle en tuinkaperjolle

Klik op ’n boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!


Uitgewer:

Human & Rousseau
ISBN:
9780798157070  
e-ISBN:
9780798158534 
Prys:R195   

Getuie
Christine Barkhuizen le Roux

Die selfmoord van haar kleintydse vriendin, Mignon, laat Maggie McKairn met meer vrae as antwoorde. Op skool moes Maggie en Mignon pouses eenkant speel en die spot van die ander kinders trotseer. Maggie omdat sy die streng skoolhoof se rooikopdogter is en Mignon omdat sy ’n Jehovagetuie is. Voor haar dood het Mignon vir Maggie gevra om ’n vrou in die tronk te gaan opsoek. Bea Mostert, ’n Jehova-getuie soos Mignon, is tot dertig jaar tronkstraf gevonnis vir ’n onmenslike daad. Wat het hierdie twee vroue tot
sulke uiterstes gedwing?

 

Klik hier en koop jou eksemplaar van Getuie nou van Kalahari.net.


Uitgewer:

Human & Rousseau
ISBN:
9780798156462
e-ISBN:
9780798158930     
Prys: R185   

Katryn: Vrou van die Richtersveld
Jan Huisamen

Die ontroerende verhaal van ’n ongeletterde Nama-vrou wat van moord aangekla word en besluit om haar eie verdediging in die hof te behartig toe sy vermoed die pro deo advokaat glo nie in haar onskuld nie. Dit speel af in die afgeleë Richtersveld in die vroeë deel van die twintigste eeu. Die leser word geboei deur Katryn se passievolle optrede.

 

Klik hier en koop jou eksemplaar van Katryn: Vrou van die Richtersveld nou van Kalahari.net.

Uitgewer:
Kwela Boeke
ISBN:
9780795704529   
e-ISBN:
9780795704536 
Prys:R145   

Mangaung: Kings and Kingmakers
Mandy Rossouw

Hoe het Suid-Afrika van Polokwane tot Mangaung gevorder en wie het ons tot hier gebring? Mandy Rossouw verduidelik waarom gebeure by die ANC se nasionale kongres vandeesmaand ons daaglikse bestaan gaan raak, wat ons politieke affiliasies ook al mag wees.

What does the national conference of the ANC mean for the average South African? Mandy Rossouw explains, in easy and engaging fashion, how we got from the shock of Polokwane to daggers-drawn Mangaung, who got us here, how the conference is put together, and why what happens at Mangaung will impact on our every day, whatever our political affiliations.

 

Klik hier en koop jou eksemplaar van Mangaung: Kings and Kingmakers nou van Kalahari.net.

Uitgewer:
Human & Rousseau
ISBN:
9780798157353   
Prys: R199.95 

Weg! Naweekkos
Weg!-tydskrif & Aletta Lintvelt

’n Keur van beproefde resepte wat in Weg! en Go! verskyn het. Daar is beginkos vir ontbyt en ligte etes, pikkos vir vinnig eet, kuierkos vir onthaal, troetelkos vir koue aande en iets vir die soettand. Die instruksies wys hoe om die gereg gaar te maak, onderskeidelik op die stoof, in die oond of oor die kole.

 

Klik hier en koop Weg! Naweekkos nou van Kalahari.net.

Uitgewer:
Tafelberg 
ISBN:
9780624056256   
e-ISBN:
9780624056249 
Prys: R135   

Hoopvol
Derick van der Walt

Hoopvol is die verhaal van ’n 16-jarige jong man, Ben de Koker, wat ’n soektog onderneem na sy pa, wat hy nooit ontmoet het nie, nadat sy ma en suster omkom in ’n brand in Mayfair, Johannesburg. Parallel aan dié narratief ontvou die verhaal van die 18-jarige Natalie, ’n weeskind wat op die Karoo-dorpie Hoopvol woon by die plaaslike pastoor en sy vrou.

 

Klik hier en koop Hoopvol nou van Kalahari.net.

Uitgewer:
Tafelberg
ISBN:
9780624053217   
e-ISBN:
9780624053224  
Prys: R180 

Knolle, bolle en tuinkaperjolle
Samantha van Riet

Kinders van ses tot nege jaar oud is die teikengroep vir dié eg Suid-Afrikaanse boek oor groentetuine. Hulle sal leer hoe om ’n tuin uit te lê, die soorte grond en hoe om grond voor te berei, plant en saai, snoei en oes van hulle eie gesonde groente, slaai en kruie. Daar is ook handwerkprojekte wat met tuinmaak verband hou en maklike resepte.

 

Klik hier en koop Knolle, bolle en tuinkaperjolle nou van Kalahari.net.

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top