Nuut by NB-Uitgewers

  • 0

Nuut by NB-Uitgewers dié Januarie:

Sirkusboere, Halfaampieskraal vier fees, Bitter Heuning, Kom eet! Om die tafel met Anita & Deon Meyer, Sir David Pieter de Villiers Graaff: Die erfridder van De Grendel en Die wêreld se beste boek

Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!


Uitgewer:

Tafelberg
ISBN:
9780624053354
Prys: R195

Sirkusboere
Sonja Loots

Dit is ’n jaar ná die Anglo-Boereoorlog, en in die middel van ’n sirkusarena in Missouri staan ’n man in die tipiese drag van die Boerekryger: breërandhoed, onderbaadjie, bandelier, kamaste. Hy het ’n druipsnor en bokbaardjie, wakker oë en ’n lang, reguit neus. Hy kondig die vertoning aan: “Ladies and gentlemen, the Battle of Paardeberg!” Agter die skerms gee die sirkusbaas die teken en die kanonvuur laat die gehoor na hul ore gryp, die arena word gevul met rook, gille en die tap-tap van geweervuur. Loots vertel met groot vaardigheid en passie hoe hierdie mense se paaie hiér geëindig het.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Sirkusboere nou van Kalahari.net!


Uitgewer:

Human & Rousseau
ISBN:
9780798152419
Prys: R265

Halfaampieskraal vier fees
Maia du Plessis & Simon Scarboro

Wanneer daar ’n rooi ster op die plaas se naambord is, weet die bure daar word feesgevier op Halfaampieskraal, ’n tweehonderd-en-vyftig jaar oue plaas en gastehuis in die Suidwes-Kaap. Halfaampieskraal vier fees nooi jou om deel te neem aan die fees met watertand-resepte, dekor-idees, pragtige foto’s en stories oor die plaaslewe soos die koringoes en ’n lentetroue. Ook in Engels beskikbaar as Halfaampieskraal Celebrates.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Halfaampieskraal vier fees nou van Kalahari.net!

Uitgewer:
Kwela Boeke
ISBN:
9780795703133
Prys: R210

Bitter Heuning
Hermione Suttner

’n Sandveldse roman oor die wel en wee van Mara, dogter van Bavaria Mara en Jakop Brandt, die tweede seun van ’n Sandveldboer van die plaas De Heuwel, teen die oewer van die Bergrivier. Vroeg al verloor Mara haar hart op Theunis, enigste erfgenaam van die buurplaas, Misverstand, maar haar pa Jakop is ’n onverbiddelike man, en dikwels onredelik. ’n Meesleurende lekkerleesroman, uit die oorspronklike Engels vertaal deur Linda Rode.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Bitter Heuning nou van Kalahari.net!

Uitgewer:
Human & Rousseau
ISBN:
9780798151641
Prys: R250

Kom eet! Om die tafel met Anita & Deon Meyer
Anita & Deon Meyer

Deon en Anita Meyer deel meer as 75 smulresepte uit hul kuierkombuis – almal heerlik en maklik om te maak. Die verskeidenheid kos strek van Deon se oggendmuesli tot die broodpoeding wat Sondagmiddagete afsluit. Baie resepte is vir Karookos, aangepas met ’n spesiale Meyer-kinkel; ander is vinnige kos vir stadsgesinne. Trakteer jou mense op heerlike skaapskenkels of murgsagte ribbetjie, gebraaide aartappels, sagopoeding of modderkoek. Ook in Engels beskikbaar as Enjoy! Cooking with Anita & Deon Meyer.

Klik hier en koop Kom eet! Om die tafel met Anita & Deon Meyer nou van Kalahari.net!

Uitgewer:
Tafelberg
ISBN:
9780624053033
Prys: R250

Sir David Pieter de Villiers Graaff: Die erfridder van De Grendel
Ebbe Dommisse

Sir David Pieter De Villiers Graaff se unieke Suid-Afrikaanse storie is amper ’n sprokie. Hy gaan van arm plattelandse kind tot baanbreker-besigheidsman. In sy kleurryke lewe word hy burgermeester van Kaapstad, skep hy ’n sakeryk en word ’n baronet – ’n titel wat oorerf is deur sy afstammeling, politikus Sir De Villiers Graaff.

Klik hier en koop Sir David Pieter de Villiers Graaff: Die erfridder van De Grendel nou by Kalahari.net!

Uitgewer:
Tafelberg
ISBN:
9780624052951
Prys: R160

Die wêreld se beste boek
Jan Payne, vertaal deur Fanie Viljoen

Miljoene feite wou in hierdie boek wees, maar net die bestes het dit uiteindelik reggekry. Weet jy watter berg die hoogste is? Dalk. Maar wat van die stinkste blom? Of die diepste grot? Die langste wurm? Hierdie groot, dik boek is volgeprop met die eienaardigste, wildste, snaaksste, slimste, superongelooflikste dinge wat jy ooit sal teëkom! Van al die boeke in die wêreld het jy net dié een nodig. Met Suid-Afrikaanse beste feite bygevoeg deur een van ons slimste jeugskrywers, Fanie Viljoen.

Klik hier en koop Die wêreld se beste boek nou van Kalahari.net!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top