Nuus oor M-Net Literêre Toekennings ontstel

  • 4

Hettie Scholtz, sameroeper van die M-Net Literêre Toekennings, het vandag ’n brief aan Suid-Afrikaanse uitgewers gestuur waarin sy hulle meedeel dat M-Net besluit om die M-Net Literêre Toekennings na 22 jaar op te skort. Daar sal geen literêre toekennings wees in 2014 nie.

In die brief stel Scholtz dit dat:

M-Net gaan steeds in stories van alle aard belê om so ons kulturele bloedstroom te verryk, maar soos verwag kan word van ’n instansie wat bekend is vir innovasie, herwaardeer M-Net tans van hulle korporatiewe projekte. Dit het ten doel om nuwe strategieë te ontwikkel waarby hulle ’n verskil kan maak en terselfdertyd hulle lisensievereistes nakom.

As sodanig is besluit om die M-Net Literêre Toekennings op te skort. Daar sal geen literêre toekennings wees in 2014 nie.

Scholtz het in die brief haar waardering teenoor die Suid-Afrikaanse uitgewersbedryf en M-Net uitgespreek. “Saam het ons plaaslike skryfwerk sien blom, met Suid-Afrikaanse skrywers wat steeds groter erkenning in die buiteland kry. Ons het sienderoë toenemende waardering van lesers teenoor uitstekende 'homebru' titels ervaar.”

Sy sluit die brief af met die hoop dat daar weer vorentoe ondersteuning vir so ’n lofwaardige inisiatief sal wees.
 

Hettie Scholtz by 2013 se M-Net Literêre Toekennings
Kyk hier na nog foto's van die spoggeleentheid.
  • 4

Kommentaar

  • "Herwaardeer M-Net tans van hulle korporatiewe projekte." Niksseggende gebabbel. Hoogs winsgewende maatskappy, waartoe die lesers hiérvan waarskynlik van die belangrikste wins-bydreaers is, verlaat eenvoudig die skip ...

  • Wat 'n jammerte; gelukkig is daar 'n 'jong' GSM diensverskaffer wat uiters aggressief op die uitkyk is om geleenthede soos die aan te gryp (vermoed ek).

     

  • Dit is nie 'n verrassing nie. Kyk watter gemors dis Kyknet op! Hoekom sal hulle letterkunde ondersteun as hulle gemaklik is met Toks, tjops en die Bosveldklong. 

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top