Nianell by Die Boer

  • 0

 

Die Boer Restaurant Teater Durbanville

Saterdag 9 Aug om 20:30 Kaartjies: R130

Bespreek: 021 979 1911 / 083 406 0111 / aanlyn by www.dieboer.com

Die Suid-Afrikaanse stemgimnas Nianell bied ‘n begeesterende tweetalige album met die titel "My hart"/"My heart". Haar sesde solo-album bevat 16 meevoerende snitte; hoofsaaklik splinternuwe, oorspronklike komposisies uit haar pen. Haar kreatiewe veelsydigheid het haar internasionale erkenning besorg en met ‘n stemomvang wat oor vier oktawe boei, versnit sy elemente van folk, pop, R&B, klassiek, country en Kelties in ‘n eiesoortige musiektaal waarin woorde dikwels oorbodig is. Nianell is ‘n platinumkunstenaar van wêreldstandaard en is geseënd met opregtheid, passie en gesonde humorsin. Sy voer musiekliefhebbers mee met haar indrukwekkende engelstem, musikale integriteit en motiverende en inspirerende lewenservaring. Met haar stylvolle, innemende verhoogteenwoordigheid en musikale integriteit bied Nianell weer ‘n onvergeetlike vertolking. Met liedjies soos "Die oomblik is nou", "Liefde begin eers in my" en "Lief my", ontgin sy die liefde in die volle omvang van die woord. Die album sluit ook haar toonsetting van Dave Lubbe se liedjie "Wense" (wat in 2010 die Huisgenoot-liedskryfwedstryd vir beste liriek gewen het) en haar a cappella-weergawe van "Miracles" in. Nianell is bloot briljant!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top