net voor pase

  • 0

herfsdag op onrus

hierdie herfsdag so kort voor pase sing soos
’n wafferse siedende karoodag in my ore
en ek bedink die harteloosheid waarmee ek
die afvlerkbosduif van vyf broeisels gelede
bloot op my agterstoep gedoog

miskien beteken oud word alleen maar dït:

gaan terug na die leivore daar op ouma
en oupa se werf en trek die sluise een-een oop
smyt die swaar swart gietysterplate diékant toe
en laat in godsnaam tog uiteindelik gods water
ongestoord oor gods akkers loop

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top