Sover ek weet het mediese sake nog nie aandag gekry in hierdie kolomme nie. Dis nie duidelik wat skrywers en lesers van SêNet van die Siekte Industrie dink nie. Dit moet hulle tog finansieel en gesondheidsgewys raak?
Die volgende aanhaling is uit die voorwoord van Ann Wigmore se boek: Why suffer? Die voorwoord is geskryf deur Robert S Mendelsohn MD wat bekend is vir sy boek: Confessions of a medical heretic. Hier is 'n interessante aanhaling van hom:
“Modern doctors - interventionists by temperament and training – would rather forget the Hippocratic injunction: “above all do not harm the patient”. Modern doctors believing in “better living through chemistry” and in the surgical dictum “when in doubt cut it out” would rather not be reminded that Hippocrates believed in diet and hygienic measures to build a patient's strength, resorting to more drastic measures only when absolutely necessary.” Daar is glo nou mediese skole in die VSA wat Hippokrates se eed uitgeskakel het omdat hy teen vrugafdrywing was en hulle nou 'n teenoorgestelde standpunt handhaaf. Skynbaar beweeg ons agteruit en nie vooruit nie.
As 'n mens dink aan letterlik derduisende mense wat gesterf het as gevolg van die mediese behandeling van rumatiese siektes besef jy dat dit nie sake is wat bloot geïgnoreer kan word nie. Dit verdien meer aandag.
George


Kommentaar
George:
Soos een ou gesê het, " die verskil tussen medisyne en gif is net die dosis"
Google lig meestal die newe-effekte van die goed uit en dis soms 'n ontnugtering.
Duitswester